Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leeus bevestig Matfield gaan Swys help brei
Victor Matfield is Donderdag op ’n nuuskonferensie deur die Leeus as hul nuwe voorspeler-afrigter onthul. Foto: Gallo Images

Dis amptelik: Victor Matfield is die Leeus se nuwe voorspeler-afrigter.

Hy neem dié taak oor by hul eertydse hoofafrigter, Johan Ackermann.

Matfield is die Springbok met die meeste verskynings in die Groen-en-Goud nóg, naamlik 127 toetse.

Hy was ook die kaptein van die Blou Bulle toe hulle die Supertitel in 2007, 2009 en 2010 verower het.

Nog ’n voormalige Springbok, Balie Swart, is as skrum-konsultant aangestel.

Met Swys de Bruin as die nuwe hoofafrigter, word JP Ferreira die aanvalsafrigter, met die voormalige onder 19-afrigter, Joey Mongalo, wat by Ferreira oorneem as die verdedigingsafrigter.

Intussen is enkele van die spelers wat betrokke was by die Super-veldtog in die Curriebekerspan ingesluit vir Saterdag se kragmeting op Ellispark met die Haaie.

Hulle is die senter Rohan Janse van Rensburg, die voorrymanne Corné Fourie en Johannes Jonker, asook die heelagter Sylvian Mahuza.

* Die span is: Sylvian Mahuza, Madosh Tambwe, Jacques Nel, Rohan Janse van Rensburg, Anthony Volmink, Jaco van der Walt, Dillon Smit, Ryan Kankowski (k), Fabian Booysen, Cyle Brink, Marvin Orie, Robert Kruger, Johannes Jonker, Robbie Coetzee, Corné Fourie. PLAASVERVANGERS: Michael Willemse, Sti Sithole, Bobby de Wee, Hacjivah Dayimani, Marco Janse van Vuren, Siya Masuku, Aphiwe Dyiantyi.

Meer oor:  Leeus  |  Victor Matfield  |  Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.