Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leeus deel nie Kearns se kritiek

Anders as die geluide wat daar uit Australië gemaak word, het twee van die Leeus se Springbokke nie ’n probleem daarmee dat die Jaguares in die Super-rugbyreeks speel nie.

Andries Coetzee vroeër vanjaar teen die Jaguares in aksie. Hy sê hy hou daarvan om hom teen ’n span met soveel internasionale spelers te toets. Foto: Gallo Images

“Ek voel eintlik jammer vir hulle, want hulle moet so ver vlieg vir hul wegwedstryde,” sê die Leeu-vleuel Courtnall Skosan, toe hy gepols is oor die kritiek wat die oud-Wallaby Phil Kearns uitgespreek het.

Kearns voel dit is onregverdig dat die Jaguares, wat eintlik maar die Argentynse toetsspan onder ’n dekmantel is, in ’n kompetisie vir provinsiale spanne speel.

Hy is ook van mening Argentinië het Sanzaar, wat rugby in die Suidelike Halfrond beheer, om die bos gelei en dat hulle ook vanjaar ’n voordeel by die Wêreldbeker gaan hê omdat hulle die laaste drie jaar as ’n eenheid in die Superreeks speel.

Die heelagter, Andries Coetzee, vind egter ook nie fout daarmee dat die Suid-Amerikaners deel van die Superreeks is nie en sê dit is juis ’n voordeel om jouself teen internasionale spelers te kan meet.

“Boonop het ons hulle hierdie seisoen hier by die huis en ook weg daar in Buenos Aires geklop en dink ek nie hulle het regtig veel van ’n voordeel omdat hulle eintlik net uit toetsspelers bestaan nie,” reken Coetzee.

“Nee wat, dit pla my glad nie om teen hulle te speel nie,” het Skosan Dinsdag by die Leeus se oefening in die Johannesburg-stadion gesê.

“Ek wens hulle eintlik alles van die beste toe in die reeks. Die arme ouens vlieg hulle flou wanneer hulle weg van die huis speel en dit kan beslis nie maklik wees nie,” sê hy.

“Hulle verdien hul plek in Superrugby en wat my betref, wil ek graag teen ’n span soos hulle speel met soveel internasionale spelers om ons deeglik te kan toets. Met tye klop ons hulle en dan klop hulle ons weer en dus kan ek nie sien dat hulle ’n onnatuurlike voordeel het nie.”

Coetzee stem saam met sy spanmaat dat die Jaguares hul plek in die kompetisie verdien.

“Dit sou seker ’n ander storie gewees het as hulle alles oorheers het, maar dit is nie die geval nie,” sê hy.

“Hulle bied ’n lekker uitdaging en dit maak die reeks soveel interessanter wanneer ons teen ’n span soos hulle te staan kom.”

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Leeus  |  Superrugby  |  Jaguares
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.