Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leeus kyk na losskakel-opsies

Met sowel Elton Jantjies as Gianni Lombard wat in die Groenspan se groep ingesluit is vir Saterdag se nie-amptelike Springbok-proefwedstryd op Nuweland, sal die Leeus na ander opsies moet kyk wat hul losskakel-posisie betref vir Vrydagmiddag se oefenwedstryd teen die Pumas op Ellispark.

Dit kan die deur open vir die oud-Namibiër Tiaan Swanepoel om in die nr. 10-trui ingespan te word.

Tiaan Swanepoel (regs) kan in die afwesigheid van Elton Jantjies (regs) dalk speelkans op losskakel kry wanneer die Leeus en Pumas Vrydag in ’n oefenwedstryd op Ellispark slaags is. Foto: Getty Images

Hy het as deel van die Leeus se “naasbestes” in die laaste halfuur teen die Stormers op Loftus die afgelope Saterdag gespeel en diens gedoen op vleuel, waar hy enkele sterk lopies ingekry het.

Swanepoel is deel van die groot gros veelsydige spelers waaroor die Leeus nou beskik, aangesien hy ook heelagter kan speel en sy enigste Superrugby-verskyning nóg, teen die Jaguares in Buenos Aires, in daardie posisie gemaak het.

Hy beskik oor ’n muilskop en op losskakel kan dit van groot waarde wees.

Daar kan selfs na die blondekop-skrumskakel Dillon Smit as losskakel gekyk word. Hy was uitstaande vir die Leeus teen die Stormers as skrumskakel in daardie laaste halfuur.

Ander spelers van die Leeus wat Saterdag in die Kaap in aksie is in die Groen teen Goud-kragmeting, is die senters Wandisile Simelane en Manuel Rass, die vleuel Courtnall Skosan, die loskopstut Dylan Smith, die slot Marvin Orie en die flank Vincent Tshituka.

Met die spelers wat as plaasvervangers gebruik is teen die Stormers wat veel meer indrukwekkend vertoon het as die meeste van diegene wat in die uitsoekspan was en die eerste 50 minute in aksie was, bied hierdie wedstryd op Ellispark teen die Pumas Vrydagmiddag die ideale geleentheid vir Ivan van Rooyen en sy afrigtingspan om nog meer van die talent onder die loep te neem.

Daar kan nou weer ’n nuwe kombinasie op senter ingespan word, terwyl van die jong losvoorspelers ook die kans kan kry om hul kleim af te steek.

Met Orie ook nie daar nie, kan Van Rooyen-hulle kyk of daar genoeg diepte op slot is.

Al het die uitslag teen die Stormers nie hul kant toe gegaan nie, was daar darem nie enige beserings wat kommer wek nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.