Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leeus moet lugtig wees vir Laevelders

As die Leeus hul Curriebeker-doelwit van ’n tuishalfeindstryd wil bereik, sal hulle met niks anders nie as ’n sege Saterdagmiddag op Ellispark oor die Pumas moet afskop.

Maklik gaan dit egter nie wees nie.

Marnus Schoeman, oopkantflank van die Leeus, weet hoe groot bedreiging sy oud-spanmaats van die Pumas Saterdag vir hulle op Ellispark inhou. Foto: Gallo Images

Die Laevelders kom met ’n wavrag vol selfvertroue in die Goudstad aan vir hierdie stryd.

Hulle weet immers al hoe dit vanjaar voel om te seëvier op Ellispark en hierdie intimiderende stadion sal geen bedreiging vir hulle inhou nie.

Die Pumas het die Goue Leeus XV in die SuperSport-uitdaagreeks ’n groot loesing van 52-26 op Ellispark gegee en al is die tuisspan hierdie keer ’n sterker eenheid, was spelers soos James Venter en Wandisile Similane daardie dag daar toe die kous behoorlik oor hul kop getrek is. Hulle weet dus hoe gevaarlik die Pumas kan wees.

Die besoekers het nou wel hul titel as SuperSport-kampioen aan Griekwas afgestaan, maar hulle speel met ’n gevestigde eenheid en het in Jimmy Stonehouse ’n uitstaande afrigter.

Stonehouse is ongetwyfeld een van die beste en vaardigste afrigters in die land, maar word telkens oor die hoof gesien wanneer hoër louere ter sprake kom. Amper nes Krieket Suid-Afrika vir Ray Jennings ignoreer.

Stonehouse sal sy planne reg hê om die Leeus te laat struikel.

Die oud-Puma Marnus Schoeman speel teen sy eertydse spanmaats en sal die Leeus insig kan gee oor wat gedoen kan word om die aanslag van die Laevelders te stuit.

Op enkele uitsonderings na het die Leeus ’n baie jong span en teen die hardebaarde van die Pumas sal hulle stewig moet staan.

Ross Cronjé, skrumskakel en kaptein, gaan ’n groot taak hê om sy span in ’n eenheid te snoer.

Dit is veral die agttal wat sal moet brul, anders gaan die trane laatmiddag oor Ellispark rol.

In die week waarin verneem is van die dood van James Small, is dit nogal gepas dat hierdie twee spanne teen mekaar speel, want dit was juis in 1988 dat Small sy debuut vir Transvaal in die eertydse Lionbeker teen Suidoos-Transvaal (nou Pumas) in Witbank gemaak het.

Leeus: Tyrone Green, Madosh Tambwe, Wandisile Simelane, Wayne van der Bank, Stean Pienaar, Shaun Reynolds, Ross Cronjé (k), James Venter, Vincent Tshituka, Marnus Schoeman, Reinhard Nothnagel, Rhyno Herbst, Johannes Jonker, Jan-Henning Campher, Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Sti Sithole, Jacobie Adriaanse, Ruben Schoeman, Len Massyn, Dillon Smit, Manuel Rass, Jan-Louis la Grange.

Pumas: Devon Williams, Morné Joubert, Neil Maritz, Ryan Nell (k), Etienne Taljaard, Jacobus Marais, Reynier van Rooyen, Willie Engelbrecht, Hermanus Carel du Preez, Jeandre Rudolph, Stefan Willemse, Le Roux Roets, Marne Coetzee, Marko Janse van Rensburg, Andrew Beerwinkel. PLAASVERVANGERS: Cornelius Els, Wikus Groenewald, Hilton Lobberts, Phumzile Maqondwana, Ashlon Davids, Christopher Smith, Henko Marais, Morgan Naudé.

  • Skeidsregter: Rasta Rasivhenge.
  • Assistent-skeidsregters: Jaco Pretorius, Eduan Nel.
  • TV-skeidsregter: Pro Legoete.
  • Afskop: 15:00 (SS 1 en M-Net).

Curriebeker-bepalings

Meer oor:  Pumas  |  Leeus  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.