Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leeus pak Japan glo op Murrayfield

Murrayfield, Skotland se rugbyheiligdom in Edinburgh, het glo die Aviva-stadion in Dublin en Cardiff se Principality-stadion as gasheer geklop vir ’n opwarm-toets van die Britse en Ierse Leeus volgende jaar.

Murrayfield in Edinburgh.Foto: Getty Images

Volgens Independent.ie is die plan dat die Leeus teen Japan te staan kom voordat hulle na Suid-Afrika vertrek vir die toetsreeks teen die Springbokke.

Hoewel dit nog nie bevestig is nie, is daar glo op Murrayfield besluit.

Dit sal die Leeus se eerste kragmeting op tuisbodem wees sedert dié toerspan in 2005 in Cardiff teen Argentinië te staan gekom het.

Daar word glo in ’n verslag aanbeveel dat dit ideaal sal wees om die wedstryd teen Japan in die Skotse hoofstad te speel.

Ná raming sal daar meer as 30 000 Leeus-ondersteuners na Suid-Afrika reis vir die toer van agt wedstryde. Baie van die ondersteuners sal na Murrayfield opruk om ’n voorsmaak te kry.

Die wedstryd sal ’n groot finansiële inspuiting vir die Leeus wees en daar word in die verslag gesê dit kan ’n inkomste van tot £5 miljoen (sowat R108 miljoen) vir dié organisasie meebring.

Hoewel die Leeus al in die verlede teen ander spanne as die gebruiklike Sanzaar-toetslande (Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Australië) gespeel het, sal dit die eerste keer in die span se ryk geskiedenis van 132 jaar wees dat hulle teen Japan te staan kom.

Daar is intussen al hoe meer sprake dat die toer – in Julie en Augustus – na ’n tydgleuf later die jaar uitgestel kan word. – rugbypass.com

Meer oor:  Britse En Ierse Leeus  |  Murrayfield  |  Japan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.