Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leeus Sadie kwyt oor suinigheid

Die Westelike Provinsie wou ’n ronde R2 miljoen van die Leeus in oordraggeld hê om sy vaskopstut Carlü Sadie aan Ellispark af te staan. Die transaksie het deur die mat geval toe die Leeus na verneem word net R600 000 vir die voorryman wou betaal.

Sadie was as ’n leenspeler ’n staatmaker van die Leeus in die afgelope Superrugby-reeks en die Leeus wou hom graag behou. Met die transaksie wat egter nie beklink is nie, is die 22-jarige Sadie Vrydag in die WP se Curriebekergroep ingesluit.

Carlü Sadie

Die WP speel Saterdag in die Kaap in hul eerste Curriebekerwedstryd van die jaar teen die Blou Bulle. Die Leeus kom vroeër op dieselfde dag op Ellispark teen die Pumas te staan.

Die Leeus is dun op vaskopstut en Sadie se teenwoordigheid in die voorry sou hierdie kopseer verlig.

Die WP het weer goeie diepte in die voorry en self sonder sy Springbok Frans Malherbe is daar ’n goeie aanbod van stutte.

Die Springbok Wilco Louw is een van hulle, terwyl die Maties se Neethling Fouché en Michael Kumbirai ook talentvolle skrumwerkers is.

Selfs al slaag die Leeus daarin om Sadie met ’n verhoogde aanbod te bekom, sal die WP oor genoeg skrum-talent beskik om sy man te staan. Sadie is nog tot aan die einde van 2020 deur die WP gekontrakteer.

Die Leeus het intussen die afgelope week op Twitter aangekondig dat hulle die vaskopstut Johannes Jonker se kontrak tot 2021 verleng het. Hy speel al van 2016 af sy rugby vir die Leeus.

  • Indien Louw nie die Bokke se Wêreldbekergroep haal nie, kan hy deur die WP toegelaat word om vanaf September tot in Januarie 2020 oorsee te speel. 
Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.