Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dayimani sluit by Blitsbokke aan

Die Leeus-losvoorspeler Hacjivah Dayimani het hom Maandag by die Blitsbokke se oefengroep in Stellenbosch aangesluit.

Hacjivah Dayimani vir die Leeus in die Curriebeker-reeks in aksie. Foto: Gallo Images

Die 21-jarige Dayimani het laas sewesrugby gespeel toe hy as lid van die Suid-Afrikaanse o.18-span ’n goue medalje by 2015 se Statebondjeugspele in Samoa gewen het.

“Ek het hierheen gekom om twee redes,” het Dayimani gesê. “Eerstens om as ’n rugbyspeler te verbeter en ek glo die vaardighede wat vir sewesrugby nodig is, sal ook van my ’n beter speler in vyftienmanrugby maak.

“En die ander rede is omdat ek die Blitsbokke se groep, wat in die eerste twee toernooie van die Wêreldreeks gaan speel (Doebai en Kaapstad), wil probeer haal.”

Volgens dié kranige losvoorspeler, wat vroeër vanjaar ook as senter beproef is in die SuperSport-uitdaagreeks, gaan hy ook sy bes probeer om die span te haal vir volgende jaar se Olimpiese Spele in Tokio.

Daar moes intussen ’n verandering aan die groep gemaak word wat dié naweek in die Oktoberfest-toernooi in München gaan speel. Ryan Oosthuizen het ’n rugbesering opgedoen en word deur Sako Makata vervang.

* Die toergroep is: Chris Dry, Sako Makata, Impi Visser, Zain Davids, James Murphy, Mfundo Ndhlovu, Branco du Preez, Selvyn Davids, Kurt-Lee Arendse, Dewald Human, Siviwe Soyizwapi (k), Stedman Gans. – Sportredaksie

Meer oor:  Sewesrugby  |  Hacjivah Dayimani  |  Leeus  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.