Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leeus se Elton op pad na Frankryk
Elton Jantjies gaan vir ’n ruk vir die Franse klubspan Pau uitdraf. Foto: Gallo Images

Die Springbok-losskakel Elton Jantjies gaan hom as ’n leenspeler by die Franse klubspan Pau aansluit.

Die Leeus-rugbyunie, waarvoor Jantjies (30) op plaaslike bodem speel, het Dinsdag in ’n verklaring bekend gemaak dat hy hom as “medical joker” (’n plaasvervanger vir ’n gekontrakteerde speler met ’n langtermynbesering) by Pau gaan aansluit.

Luidens die verklaring is die versoek om daar te speel deur Jantjies gemaak en met die medewete van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie.

Die geleentheid om oorsee te speel sal Jantjies help om voor te berei vir die besoek van die Britse en Ierse Leeus. Die eerste toets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus is geskeduleer om op 24 Julie in Johannesburg plaas te vind.

In Jantjies se afwesigheid sal die span van die Goudstad se nr. 10-trui in die Reënboogbeker-reeks straks deur Tiaan Swanepoel of Fred Zeilinga gedra word.

Die Johannesburgers begin hul aanslag in dié reeks op 24 April teen die Bulle in Pretoria.

Die heelagter Gianni Lombard, wat laat in 2020 ’n kniebesering opgedoen het wat hom tot die middel van die jaar op die krukkelys gaan hou, kan ook op losskakel speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.