Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leeus se Ivan hou snoeiskêr in laai

Anders as wat verwag is, het die Leeus se afrigter, Ivan van Rooyen, die snoeiskêr in die laai gehou vir Vrydag se Curriebeker-wedstryd teen die Pumas.

Sibusiso Sangweni in aksie vir die Leeus teen die Stormers in ’n kragmeting in die voorbereidingsreeks in Maart in Kaapstad. Foto: Gallo Images

Van Rooyen het slegs twee veranderinge aan die 23-tal aangebring wat Sondag teen die Bulle in Pretoria verloor het.

Sibusiso Sangweni, ’n voormalige Junior Bok, sal die Leeus se nr. 6-trui dra vir Vrydag se kragmeting in Johannesburg in die plek van Roelof Smit. Laasgenoemde het ’n besering teen die Bulle opgedoen.

Die enigste ander verandering is op die plaasvervangersbank, waar Morné van den Berg (skrumskakel) inskuif in Sangweni se plek.

Vir die kragmeting met die Pumas het Van Rooyen vyf voorspelers en drie agterspelers op die plaasvervangersbank gekies. Teen die Bulle was Fred Zeilinga en Stean Pienaar die enigste agterspelers op die bank.

Die Leeus bevind hulle onderaan die puntelys van die CB-reeks en sal ’n appeltjie met die Laevelders te skil hê. Toe dié twee spanne in Junie in Mbombela slaags was, het die Pumas gemaklik met 39-10 gewen.

Leeus: Wandisile Simelane, Rabz Maxwane, Manuel Rass, Dan Kriel, Courtnall Skosan, Jordan Hendrikse, André Warner, Francke Horn (k), Vincent Tshituka, Sibusiso Sangweni, FP Pelser, Ruben Schoeman, Carlu Sadie, PJ Botha, Ruan Dreyer. PLAASVERVANGERS: Jaco Visagie, Sti Sithole, Jannie du Plessis, Reinhard Nothnagel, Ruhan Straeuli, Morné van den Berg, Fred Zeilinga, Stean Pienaar.

Meer oor:  Pumas  |  Leeus  |  Curriebeker  |  Ivan Van Rooyen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.