Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leeus se Stean keer dalk terug in Haaie-stryd
Die Leeu-vleuel Stean Pienaar het van ’n dyspierbesering herstel en kan moontlik Saterdag teen die Haaie na die rugbyveld terugkeer. Foto: Gallo Images

Die Leeus se agterste driehoek kan dalk Saterdag ’n aks gevaarliker wees as in die laaste paar weke, met die vlugvoetige Stean Pienaar vir die eerste keer in twee maande weer reg om te speel.

Pienaar (24) het die Leeus se teenstanders behoorlik laat bontstaan terwyl hy in die Superrugby Unlocked en vorige Curriebeker-reeks die voorkeurregtervleuel was, maar het vroeg in Mei ’n dyspier tydens ’n oefening beseer en was sedertdien op die krukkelys.

Die Leeus het vandeesweek bevestig dat hy nou ten volle herstel het en die Haaie Saterdag in Durban kan pak.

Pienaar se terugkeer kan dalk net ’n ekstra vonk aan die agterlyn gee, nadat Jamba Ulengo nie die laaste paar weke op alle silinders in die nr. 14-trui gevuur het nie.

Nog twee posisies waarin daar moontlik veranderinge kan wees, is skrumskakel en oopkantflank.

Die flank Vincent Tshituka was die Johannesburgers se grootste uitblinker in hul stryd teen die Britse en Ierse Leeus, maar het sy skouer in daardie wedstryd beseer.

Die Gautengse unie sê hulle kan eers besluit oor sy betrokkenheid by Saterdag se Durban-wedstryd nadat ’n skandering van dié skouer gedoen is. Hul media-woordvoerder het Woensdag gesê die uitslag daarvan is nog nie ontvang nie.

Indien Tshituka nie kan speel nie, sal sy fisieke benadering en inklimspel beslis gemis word. Die 22-jarige is die hele seisoen al ’n handvol op die aanval en die verdediging en daar is min spelers wat sy skoene kan vol staan.

Die Leeus is egter in die bevoorregte posisies dat twee uitstekende flanke aan die begin van die week die groen lig gekry het om Saterdag te speel.

MJ Pelser en Jaco Kriel was albei hierdie seisoen eksklusief in aksie in die nr. 6-trui, maar kan met vertroue aan die steelkant van die skrum ingespan word. Die duo was albei verlede week in die vergrote groep van 26 vir die kragmeting met die Britse Leeus, maar moes vir Tshituka en die 20-jarige Sibusiso Sangweni terugstaan. Soos Tshituka het Sangweni in daardie wedstryd gewys waarom hy so hoog by Ellispark geag word.

Kriel was meer as vyf maande laas op die rugbyveld terwyl hy van ’n enkeloperasie herstel het. Pelser kon weens Covid-19-protokol nie vir die Leeus se laaste paar wedstryde oorweeg word nie.

Wat die skrumskakels betref, het André Warner van die wangbeenbesering herstel wat hom tot dusver uit die Curriebeker gehou het. Hy was die voorkeurskrumskakel voor sy besering.

Meer oor:  Haaie  |  Leeus  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.