Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leeus straks langer sonder Warren

Die Leeus se kaptein en Springbok-agtsteman, Warren Whiteley, gaan waarskynlik nie dié naweek teen die Blou Bulle in Johannesburg sy terugkeer ná ’n kniebesering maak nie.

Warren Whiteley het nog nie genoegsaam van ’n kniebesering herstel nie. Foto: Gallo Images

Cash van Rooyen, die Goue Leeus se afrigter, het verlede week in die aanloop tot hul kragmeting met die Vrystaat-Cheetahs, gesê ’n besluit oor Whiteley sou vroeg vandeesweek geneem word.

’n Woordvoerder van die Leeus het Maandag gesê Whiteley is nog nie slaggereed nie en hy behoort nie Saterdag op Ellispark in die Jukskei-derby te speel nie.

Die tyd raak nou min vir Whiteley om sy fiksheid en dán sy wedstrydfiksheid te herwin om Rassie Erasmus, die Bok-breier, te oortuig dat hy op die vliegtuig na Japan moet wees vir die Wêreldbeker-toernooi wat in September en Oktober plaasvind.

Die Leeus sal die Ligbloues boonop met ’n nuwe binnesenter moet aandurf. Jan-Louis la Grange het harsingskudding opgedoen in die Leeus se terugvegsege met 24-22 in Bloemfontein.

Die verwagting is dat hy nie die naweek beskikbaar sal wees nie.

Die slot Wilhelm van der Sluys het ook ’n kopbesering opgedoen, maar die verwagting is dat hy wel beskikbaar sal wees vir Saterdag se kragmeting.

Die plaasvervangerstut Jacobie Adriaanse het ’n kuitbesering opgedoen en sal ook nie die naweek speel nie.

Courtnall Skosan, Cyle Brink, Wayne van der Bank en Dylan Smith sal almal binne die volgende drie tot vier weke hul terugkeer ná beserings maak.

Ná drie terugveg-oorwinnings is die Leeus die enigste onoorwonne span in vanjaar se Curriebeker-reeks oor. ’n Goeie vertoning teen die Bulle sal die gaping tussen hulle en Griekwas laat krimp.

Die Poubloues beklee die eerste plek op die puntelys met 15 ligapunte ná vier wedstryde.

Die Leeus, wat nog net drie wedstryde gespeel het, is in die tweede plek met 13 ligapunte.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Warren Whiteley  |  Blou Bulle  |  Leeus  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.