Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leeus stroop jong WP-rugbytalent
Manuel Rass (met bal).
Gianni Lombard
Khanya Ncusane

Die Goue Leeus het drie van die Kaap se blinkste skoolsterre voor die Westelike Provinsie-rugbyunie weggeraap.

Gianni Lombard (heelagter), Manuel Rass (senter) en Khanya Ncusane (agtsteman) – almal in die WP se Cravenweek-groep – is volgens betroubare bronne op pad Johannesburg toe. Al drie speel vir die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai), wat die afgelope twee seisoene onoorwonne is.

Bart Schoeman, die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) se hoëprestasiebestuurder, het Donderdag by navraag bevestig dat ’n kontrak reeds met Lombard gesluit is.

Hy verwag dat Rass en Ncu­sane ook sal teken.

Die GLRU raak vir junior spelers al hoe aanlokliker as rugbytuiste.

Benewens die voortreflike rugby wat sy spanne in die Currie­beker- en Superreeks speel, werk die GLRU nou saam met die Universiteit van Johannesburg en van die Witwatersrand om vir jong spelers studiegeleenthede te skep.

“Die senior spanne se vertonings en die beeld wat die unie uitstraal, maak dit vir baie jong spelers aanloklik,” sê Schoeman.

“Al drie daardie spelers is akademies sterk genoeg om te studeer en het ouers wat in die onderwys betrokke is. Dis ’n baie sterk verkoopspunt as spelers kan studeer.”

Agter die skerms by Nuweland is die verlies van Rass, Lombard en Ncusane ’n netelige saak. Die Leeus se suksesvolle strooptog stuur dieselfde koue rillings by Kaapse ruggrate af as toe die Bulle die losskakel Handré Pollard van die Paarl Gimnasium in 2012 gekontrakteer het.

Meer oor:  Skolerugby  |  Wes-Kaap  |  Goue Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.