Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Covid-19 eis katgeveg op Ellispark
Saterdag se wedstryd tussen die Leeus en die Cheetahs op Ellispark is afgelas. Foto: Gallo Images

Saterdagmiddag (16:30) se Superrugby Unlocked-wedstryd tussen die Leeus en die Cheetahs op Elispark is afgelas weens Covid-19-protokol.

Hierdie besluit is volgens ‘n mediaverklaring van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) geneem om die risiko te verminder dat die rugbygemeenskap verder besmet word.

Daar is Saterdagoggend bevestig dat nog twee van die Leeus se senior spelers en afrigters met die virus besmet is. Vier spelers is reeds vroeër in die week positief getoets.

Daardie spelers is geïsoleer en in kwarantyn geplaas en word deur die spandokter gemonitor.

Volgens Saru sal daar gepoog word om die wedstryd te herskeduleer, maar indien dit nie kan gebeur nie, sal die spanne elk twee ligapunte ontvang.

“Die prioriteit is om die verspreiding van die virus te keer end dit wys hoe ernstig ons moet wees om die reëls na te kom,” sê Jurie Roux, die uitvoerende hoof van Saru.

“Veiligheid kom eerste en hoewel dit baie teleurstellend is dat die wedstryd nie meer kan plaasvind nie, is dit ‘n aanduiding vir die spelers dat daar plan gemaak moet word om die risiko van verdere kansellering van wedstryde te verhoed.

“Ons het alle stappe gevolg soos vereis deur die Departement van Sport, Kuns en Kultuur en ons sal dit weer in heroorweging neem en versterk waar nodig is,” sê hy.

Die Leeus wou Saterdagmiddag nie enige kommentaar lewer oor die situasie nie.

Meer oor:  Koronavirus  |  Leeus  |  Cheetahs  |  Superrugby Un­Locked  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.