Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Leeus-toer in Brittanje simpel idee'

Speel in Suid-Afrika of bêre jul truie.

’n Leeus-speler stap verwese weg terwyl die Springbokke hul reekssege vier ná die tweede toets van die Britte se 2009-toer na Suid-Afrika. Foto: Getty Images

Dis die mening van die legendariese Willie John McBride oor sprake dat die Britse en Ierse Leeus vanjaar as gasheer vir die Springbokke kan optree, eerder as om na Suid-Afrika te toer.

Die agt mans op die raad van die Britse Leeus het volgens berigte Vrydag vergader oor die huidige onsekerheid waarin die toer hierheen gedompel is. Die Leeus is geskeduleer om in Julie en Augustus in Suid-Afrika te speel, maar daar is ’n sterk moontlikheid dat wedstryde in leë stadions sal plaasvind weens die tweede golf van die Covid-19-pandemie.

Die raad het glo reeds gebeurlikheidsplanne begin optrek om die reeks dus eerder in Brittanje en Ierland te hou. As dit deurgevoer word, kan die Springbokke moontlik op Twickenham en in Cardiff en Dublin swaarde kruis met die Britse Leeus, terwyl provinsiale spanne soos die Haaie en Leeus in sokkerstadions sal uitdraf.

McBride, wat die Leeus aangevoer het toe hulle in 1974 ’n reekssege van 3-0 oor die Bokke behaal het, dink egter dis ’n sotlike idee.

“Dit sal heeltemal teen die aard van Leeus-rugby wees as wedstryde deur die tuisunies aangebied word,” het McBride in ’n onderhoud met The Telegraph gesê. “Dit sal ’n skande wees en indruis teen alles waarvoor die Leeus staan.

Willie John McBride. Foto: Getty Images

“Dis nie ’n Leeus-toer, of ’n Leeus-konsep van enige aard, as enige van die wedstryde (in Brittanje) gespeel word nie. Dit móét in Suid-Afrika plaasvind. My siening is dat die toer na volgende jaar uitgestel moet word.

“Ons moet nie dít verloor waaroor die Leeus gaan nie. Al word dit vir drie jaar uitgestel, dit maak nie vir my saak nie, solank ons die konsep van Leeus-rugby behou. (Die teendeel) sal die Leeus vir ewig skade berokken.” – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.