Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leeus-toer ‘amateuragtig’ gereël

Die bepalings vir die Britse en Ierse Leeus se rugbytoer in 2021 na Suid-Afrika is “amateuragtig” gereël en stel nie die besoekers in staat om suksesvol te wees nie.

Dit is die mening van die bekende Britse rugbyskrywer Stephen Jones, wat in sy rubriek in Londense Sunday Times te velde trek teen wat hy noem “gewis nie ’n Leeus-toer is nie”.

Die Britse en Ierse Leeus se heelagter Rob Kearney sool die bal in die eerste toets teen Suid-Afrika in 2009 in Durban. Foto: Getty Images

Die bepalings vir die toer na Suid-Afrika is verlede week bekend gemaak. Hiervolgens sal die besoekers vyf sogenaamde oefenwedstryde teen plaaslike spanne, gevolg deur drie toetse speel.

Dit terwyl die Britte se laaste toer, in 2017 na Nieu-Seeland, uit tien wedstryde bestaan het. Dis juis die verkorting wat Jones dwars in die krop steek.

“Die toer wat verlede week aangekondig is, is nie ’n Leeus-toer nie. Dit is vals, dis bedrog en dis verraad.

“Dit is ongelooflik kort. Agt wedstryde is gans te min as die minimum wat vir ’n suksesvolle toer nodig is. Die Leeus is ’n nuwe span (saamgestel uit Engeland, Skotland, Wallis en Ierland) en het nog nooit saamgespeel nie. Die spelers het tyd nodig om mekaar te vind.

“Die sleutel tot ’n goeie moreel in die span is dat elke speler op toer dink dat hy ’n regverdige kans het om ’n kleim vir ’n plek in die toetsspan af te steek. Daar is egter nou, met dié belaglike program, nie so ’n kans nie,” skryf hy.

Die toer wat verlede week aangekondig is, is nie ’n Leeus-toer nie. Dit is vals, dis bedrog en dis verraad.
Stephen Jones

“Die spelers gaan in opwarmwedstryde waarskynlik een keer in die beginspan wees en een verskyning as plaasvervanger maak voordat Gatland (Warren Gatland, die afrigter) sy toetsspan moet kies.

“Daar is geen moontlikheid om strategieë te implementeer sonder om elke moontlike kortpad te neem wat beskikbaar is nie.

“Boonop is daar net twee wedstryde wat in die middel van die week beslis word.

“Die ware vreugde van ’n Leeus-toer is dat wedstryde op kleiner plekke beslis word, waar nuwe mense ontmoet en horisonne verbreed word,” skryf Jones.

Die Leeus se eerste wedstryd is op 3 Julie teen die Stormers in Kaapstad, met die eerste toets wat op 24 Julie in Johannesburg beslis word.

Jones het ook die ringkoppe van die Engelse Premierliga bygekom wat glo hul voet neergesit het en weier om die eindstryd van dié klubrugbykompetisie ’n week vroeër te laat beslis.

Dit is selfs te amateuragtig om dit die werk van amateurs te noem.
Stephen Jones

Dit sou die Leeus meer kans gegee het om voor te berei, en ook die spelers se lywe herstelkans ná ’n uitmergelende seisoen gegee het.

“So op 26 Junie 2021 sal die plaaslike seisoen tot ’n einde kom, die langste in die geskiedenis. Minstens die helfte van die spelers wat saam met die Leeus toer, sal in die eindstryd betrokke wees.

“Die volgende dag, as normale protokol gevolg word, sal daar ’n deftige formele ete vir die borge wees. Die volgende dag sal die Leeus na Suid-Afrika vertrek, en ná een oefensessie, wat kwalik enige waarde kan hê, sal hulle teen die Stormers te staan kom. Presies sewe dae ná die eindstryd van die Premierliga.

“Dit is selfs te amateuragtig om dit die werk van amateurs te noem. Dit is belaglik en baie gevaarlik vir die welstand van die spelers. Dit ry die Leeus se kanse in die wiele om sukses te behaal,” skryf Jones.

* Met die Britse en Ierse Leeus se laaste besoek aan Suid-Afrika in 2009 het die Springbokke die toetsreeks met 2-1 gewen. – Sportredaksie

Meer oor:  Kaapstad  |  Johannesburg  |  Rugby  |  Warren Gatland  |  Britse En Ierse Leeus  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.