Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leeus troef GW vir plek in CB-halfeind

Die Leeus het hul plek in die halfeindronde van die Curriebeker-rugbyreeks verseker deur Griekwas Saterdagmiddag in Kimberley met 27-26 te klop.

Al het hulle aan die verloorkant geëindig, was die twee bonuspunte wat die tuisspan gekry het, ook genoeg om hul plek in die laaste vier te verseker.

Die Goue Leeus se Stean Pienaar storm doellyn toe vir een van sy twee drieë teen die Griekwas. Foto: Emile Hendricks

Die Leeus het byna ’n voorsprong van 19-0 weggegooi, met Griekwas wat skitterend teruggeveg het in ’n aksiebelaaide tweede helfte waar die voorsprong in die laaste kwartier telkens van span verwissel het.

Die Leeus het voordeel getrek uit die senuagtige begin van die tuisspan, wat heelwat hanteerfoute gemaak het en ook talle strafskoppe afgestaan het met swak dissipline.

Griekwas kon sommer al vroeg vanuit hul eie doelgebied gaan druk met die vleuel Eduan Keyter wat die beweging begin het deur die bal lewend te hou toe hy in besit betrap is in sy doelgebied. Die tuisspan het die lengte van die veld gevorder en toe Keyter vyf treë van die doellyn in besit gestel is met die doellyn oop voor hom, het hy die bal aangeslaan.

Die Leeus het die eerste helfte grootliks oorheers met besit en gebiedsvoordeel en Stean Pienaar het die telling geopen met ’n onderskep-drie.

Nog drieë deur Tyrone Green en Madosh Tambwe het gevolg en Kimberley was stil op 19-0 net voor rustyd.

Die Griekwa-flank Gideon van der Merwe het net voor rustyd ’n bietjie hoop gebring vir die tuisspan met die eerste van sy twee drieë.

Ná rustyd het die wedstryd egter verander met die Poubloues wat sterk teruggekom het en nie net die agterstand uitgewis het nie, maar hul neus voor gekry het.

Die Leeus het egter van 19-21 hul bonuspunt-drie gedruk toe Pienaar sy vlugvoetigheid gebruik het.

Dit was een vir my en een vir jou met Griekwas se bonuspunt-drie wat gevolg het en hulle weer net-net voorgeloop het.

’n Strafskop vyf minute voor die einde deur die Leeus-losskakel, Shaun Reynolds, het die Leeus weer die voorloper gemaak.

Puntemakers:

Griekwas 26 (7): Drieë: Gideon van der Merwe (2), AJ le Roux, Wilmar Arnoldi. Doelskoppe: George Whitehead (3).

Leeus 27 (19): Drieë: Stean Pienaar (2), Tyrone Green, Madosh Tambwe. Doelskoppe: Shaun Reynolds (2). Strafdoel: Reynolds.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Kimberley  |  Goue Leeus  |  Griekwas  |  Curriebeker-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.