Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leeus verras met Duncan op nr. 12

Daar is vyf veranderings aan die Goue Leeus se begin-rugbyspan gemaak vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen Griekwas in Kimberley.

Duncan Matthews verlede jaar vir die Bulle teen die Leeus in aksie in ’n Curriebeker-wedstryd. Hy het die Jukskei-rivier oorgesteek en sal nou Saterdag vir die Leeus speel.Foto: Gallo Images

Duncan Matthews, wat hom enkele weke gelede vanaf die Blou Bulle by die Leeus aangesluit het, begin die eerste keer ’n wedstryd in die Rooibonttrui, wanneer hy as binnesenter uitdraf in die plek van Manni Rass.

Hy is by die Bulle meestal as ’n vleuel ingespan.

Daar is twee nuwe flanke, Cyle Brink en Marnus Schoeman, wat vir Len Massyn en James Venter vervang.

Die oud-Bul Jamba Ulengo het ook ’n nuwe tuiste by die Leeus gevind en is ’n plaasvervanger vir die Curriebeker-stryd teen Griekwas.Foto: Gallo Images

Dan keer die Springbok Marvin Orie ook terug as slot, met Wilhelm van der Sluys wat vir hom plek maak.

Jacobie Adriaanse gaan ook as vaskopstut teen sy eertydse span te staan kom. Hy neem die plek van Frans van Wyk.

Dylan Smith is ná ’n lang tyd uit aksie die loskopstut op die plaasvervangersbank.

Nóg ’n interessante insluiting op die plaasvervangersbank, is dié van die voormalige Springbok en ook Blitsbok Jamba Ulengo.

Hy het ’n kontrak van twee jaar met die Leeus gesluit.

Leeus: Tyrone Green, Madosh Tambwe, Wandisile Simelane, Duncan Matthews, Stean Pienaar, Shaun Reynolds, Ross Cronje (k) Hacjivah Dayimani, Cyle Brink, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Ruben Schoeman, Jacobie Adriaanse, Pieter Jansen, Sti Sithole. PLAASVERVANGERS: Jan-Henning Campher, Dylan Smith, Johannes Jonker, Wilhelm van der Sluys, Len Massyn, Dillon Smit, Jan-Louis la Grange, Jamba Ulengo.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Leeus  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.