Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leeus sonder Whiteley oorsee
Warren Whiteley het nog nie ten volle van ’n borsspier-besering herstel nie. Foto: Gall Images
Kwagga Smith se terugkeer kan broodnodige woema aan die Leeus se verswakte pak voorspelers verskaf.Foto: Gallo Images

Die Leeus vlieg Dinsdag sonder hul gereelde kaptein, Warren Whiteley, na Australasië vir hul drie Super-wedstryde daar teen onderskeidelik die Brumbies, Chiefs en Crusaders.

Dié inspirerende leier, wat nog herstel van ’n borsspier-besering, is op bystand en die hoop bestaan dat hy ná die kragmeting Saterdag teen die Brumbies in Canberra na Nieu-Seeland kan vlieg vir die laaste twee wedstryde.

Malcolm Marx, wat sedert Whiteley se besering vroeg in die reeks teen die Stormers in Kaapstad die leiding geneem het, voer die span weer aan.

Die tikkie goeie nuus vir die Leeus-ondersteuners is dat die losvoorspeler Kwagga Smith weer terug is.

Hy het juis twee jaar gelede, toe die Leeus laas in Canberra gespeel het, deurgesny en in ’n uitstaande lopie waar hy sy vaart uitgestal het, die wendrie vir die Leeus gedruk.

Ná die lustelose vertoning teen die Haaie die afgelope Vrydagaand op Ellispark sal Smith se besielende spel broodnodig wees en kan hy help om weer nuwe energie voorlangs te verleen.

Ruan Vermaak, wat agtsteman gespeel het teen die Haaie, het sy regterduim gebreek en toer nie saam nie.

Ander spelers wat weens beserings nie oorweeg is nie, is Dylan Smith (wangbeen), Jacobie Adriaanse (dyspier), Pieter Jansen (kuit), Reinhardt Nothnagel (skouer), PJ Steenkamp (kuitbeen), Robert Kruger (enkel), Vincent Tshituka (enkel), Dillon Smit (dyspier) en Manny Rass (harsingskudding).

Benewens Whiteley is Harold Vorster, James Venter, Jan Henning Campher, Tyrone Green en Wandisile Simelane die spelers op bystand as die beseringspook losgelaat word op toer.

Die gehalte tussen die voorspelers is aan die dun kant, aangesien daar kwaai op onervare spelers staatgemaak word.

Die afwesigheid van maanhare wat oorsee speel, soos Franco Mostert, Jaco Kriel, Ruan Dreyer en Jacques van Rooyen, asook Whiteley en Andries Ferreira, word kwaai gevoel.

Die afwesigheid van maanhare wat oorsee speel, soos Franco Mostert, Jaco Kriel, Ruan Dreyer en Jacques van Rooyen, asook Whiteley en Andries Ferreira, word kwaai gevoel.

Die Leeus span weer ’n strategie in wat in die onlangse verlede heelwat sukses gebring het.

Dit is om so laat as moontlik op ’n oorsese reis te vertrek en dan slegs ’n dag of twee in die vreemde te wees voordat hulle in aksie is.

Verlede jaar het dit uitstekend gewerk teen die Waratahs in Sydney en ook vanjaar in hul eerste wedstryd teen die Jagaures in Buenos Aires, waar hulle die eerste keer in vier probeerslae sukses behaal het.

“Ja, maar hierdie keer sal ons moet sorg dat ons voorlangs sterk staan. Dit is waaroor dit sal gaan en nie of ons tydsberekening reg is wanneer ons daar aankom nie,” het Swys de Bruin, die span se hoofafrigter, gesê.

Die Leeus se toergroep is:

Voorspelers: Carlu Sadie, Cyle Brink, Frans van Wyk, Hacjivah Dayimani, Johannes Jonker, Kwagga Smith, Malcolm Marx (k), Marnus Schoeman, Marvin Orie, Nathan McBeth, Rhyno Herbst, Robbie Coetzee, Stephan Lewies, Sti Sithole, Wilhelm van der Sluys.

Agterspelers: Andries Coetzee, Aphiwe Diyanti, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Franco Naudé, Gianni Lombard, Lionel Mapoe, Nic Groom, Ross Cronjé, Ruan Combrinck, Sylvian Mahuza.

Meer oor:  Kwagga Smith  |  Warren Whiteley  |  Malcolm Marx  |  Johannesburg  |  Toer  |  Kaptein  |  Rugby  |  Beserings  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.