Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leeus wil WP ses van beste gee
Nic Groom speel deesdae vir die Leeus, maar het as WP-speler op Ellispark baie swaargekry. Foto: Gallo Images

Nic Groom tuur vroeër vandeesweek by ’n Leeus-oefening oor die verlate Ellispark en sê: “Hier het ek al swaar gekry as speler.”

Daarmee verwys hy na die kere wat hy in die Streeptrui van die Westelike Provinsie daar uitgedraf het.

Groom, die Leeus se plaasvervanger teen die einste WP, sê dit veral na aanleiding van die uitwerking wat die dun lugdruk op besoekende spelers het.

Die Leeus mik in vanmiddag se Curriebeker-kragmeting na ses van die beste teen die WP op Ellispark, nadat hulle hul vorige vyf Curriebekerstryde op dié veld teen die Kapenaars gewen het.

Groom, wat vir die WP agter die oond was in van daardie nederlae, het die sluier gelig oor die effek van die lugdruk en wat dit aan spelers van die kus doen.

“Die grootste ding is die twyfel wat dit in jou gemoed skep. Dit smokkel behoorlik met jou kop,” erken hy.

“Sommer al vroeg in die wedstryd begin jy moeg voel en dan vra jy jouself af of jy dit gaan maak. Moet ek dinge bietjie rustiger vat, maal dan in jou kop. Dit begin net voel asof jou liggaam heeltemal anders reageer as wat jy gewoond is,” sê hy.

In John Dobson het die WP ’n afrigter wat al groot sukses met hierdie span behaal het, tog is hy ’n breier wat so half onder die radar vlieg en nie altyd die erkenning kry wat hy verdien nie.

Hoe het Groom hom ervaar in sy speeldae in die Kaap?

“Dobbo is ’n briljante afrigter,” sê hy dadelik.

“Hy is so presies met sy beplanning en sorg dat daar altyd ’n goeie spangees heers by sy spelers. Hy weet presies hoe om die beste uit sy spelers te kry,” sê Groom.

Hy is egter ook vol lof vir die jong afrigtingspan by die Leeus en sê hulle het besonderse rugbybreine.

Wat glo hy gaan die sleutel tot ’n oorwinning vanmiddag wees?

“Ek glo die span wat enduit staande kan bly, sal seëvier. Daar sal een of twee deurslaggewende oomblikke wees en die span wat dan in daardie groot oomblikke beheer kan neem, gaan die wenner wees.

“Besluitneming gaan ook belangrik wees en die tempo waarteen daar gespeel kan word. Ons sal die tempo moet probeer verhoog en die WP se gô so uitspeel.

“Dit gaan ook belangrik wees om skerp te wees op die detail en selfs daardie halwe kanse te kan aangryp,” sê hy.

Spanne

Leeus: Andries Coetzee, Sylvian Mahuza, Lionel Mapoe, Howard Mnisi, Courtnall Skosan, Shaun Reynolds, Dillon Smit, Hacjivah Dayimani, Len Massyn, James Venter, Marvin Orie, Rhyno Herbst, Jacobie Adriaanse, Corné Fourie, Sti Sithole. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Johannes Jonker, Reinhard Nothnagel, Driaan Bester, Nic Groom, Gianni Lombard, Wandisile Simelane.

Westelike Provinsie: Dillyn Leyds, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Dan Kriel, SP Marais, Josh Stander, Jano Vermaak, Juarno Augustus, Ernst van Rhyn, Kobus van Dyk, JD Schickerling, Chris van Zyl (k), Michael Kumbirai, Scarra Ntubeni, Ali Vermaak. PLAASVERVANGERS: Chad Solomon, Caylib Oosthuizen, Carlu Sadie, Salmaan Moerat, Chris Massyn, Paul de Wet, Dan du Plessis.

  • Skeidsregter: Jaco Peyper.
  • Assistent-skeidsregters: Stephan Geldenhuys, Colby Griffin.
  • TV-skeidsregter: Willie Vos.
  • Afskop: 15:00 (SS 1, M-Net).

Curriebeker: Bepalings

Curriebeker: Puntelys

Curriebeker: Uitslae

Meer oor:  Nic Groom  |  Leeus  |  Wp  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.