Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Legendes gaan Kings ook nou help

Verskeie bekende voormalige en huidige Springbok- en provinsiale sterre gaan gedenkwaardighede skenk vir ’n paar veilings wat aanlyn gehou gaan word om die verstote spelers en beamptes van die Southern Kings te help.

Robbi Kempson is een van verskeie voormalige Springbokke wat gedenkwaardighede gaan skenk vir ’n veiling wat ten bate van die Kings gehou gaan word.­ Foto: Southern Kings

Dit volg op ’n vroeëre insamelingsprojek, wat daarop gemik was om die spelers en beamptes, wat deur die onlangse likwidasie van die Kings-franchise geraak is, finansieel op hul voete te probeer help.

“Ons was reeds met Stefan Terblanché (die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Rugbylegendes-vereniging) in kontak en hy het gesê hulle gaan ons help,” sê Robbi Kempson, die voormalige hoofafrigter van die Kings.

Kempson is saam met Braam van Straaten (voormalige hulpafrigter van die Kings), Piet Heymans (uitvoerende beampte van Sport Employees Unite), Rudi Ferreira (van FiND iT-nuusagentskap) en Cassie Carstens (sportbeampte) in die komitee wat die Care 4 Kings-projek bestuur.

Van Straaten, wat ook die dryfkrag agter die vorige geld-insamelingsprojek vir die Kings was, tree op as die voorsitter van die komitee.

Die oud-Springbok-vleuel Stefan Terblanché, deesdae voorsitter van die SA Legendes-vereniging, het sy gewig ingegooi agter die geldinsameling vir die Kings se spelers en beamptes, wat spartel om kop bo water te hou. Foto: Gallo Images

“Ek en Braam sal ook van ons ou Springbok-truie skenk om opgeveil te word,” sê Kempson.

’n Volledige lys van watter gedenkwaardighede beskikbaar gaan wees, sal glo binnekort bekend gemaak word.

Die eerste veilings sal op 16 en 17 Oktober plaasvind en nog twee word vir later beplan.

Kry meer besonderhede op die Care 4 Kings Facebook-blad of volg hulle op Instagram by @care4kings.

Navrae kan ook aan Van Straaten by die e-posadres braam@care4kings.co.za gerig word.

• Die volgende spelers van die Kings het intussen volgens Kempson darem iewers ’n heenkome gekry: Jacques du Toit en Cameron Dawson (Cheetahs), Yaw Penxe en Thembelani Bholi (Haaie), Erich Cronjé en Ig Prinsloo (Pumas), CJ Velleman (Griekwas), Elrigh Louw (Bulle), Pieter Scholtz en Jerry Sexton (oorsee, moet nog bevestig word presies waar).

Meer oor:  Myplayers  |  Superrugby Unlocked  |  Pro14  |  Kings  |  Braam Van Straaten  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.