Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Leinster pak Saracens in eindstryd

Johnny Sexton was terug op die veld vir Leinster en het die Ierse span gelei tot die eindstryd van die Europese Kampioeneliga-reeks.

Leinster se Garry Ringrose beur voort teen Toulouse in Sondag se halfeindstryd in die Europese Kampioenebeker-reeks in Dublin.Foto: Getty Images

Leinster het Sondag die Franse span Toulouse met 30-12 afgestof in die halfeindstryd in Dublin.

Sexton, Leinster se losskakel en kaptein, het nog nie vanjaar vir sy provinsie gespeel nie en sukkel met sy peil sedert die Sesnasies-reeks. Hy het egter sy ou peil herwin, het foutloos geskop en die tempo van die wedstryd dikteer.

Hy is as Speler van die Wedstryd aangewys.

Twee drieë deur Scott Fardy en een deur James Lowe beteken dat Leinster op 11 Mei gaan probeer om sy vyfde Europese titel te wen wanneer hy Saracens gaan aanvat in eindstryd op St. Jame’s Park in Newcastle. – Reuters

Meer oor:  Leinster  |  Dublin  |  Jonny Sexton  |  Toulouse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.