Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
'Lekker om te hoor Bokke word gevrees'

Dit is ’n gegewe dat menige ondersteuner by die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sal wil weet waarom hy die Bok-yster Pieter-Steph du Toit die seisoen so rondfoeter.

Hy was uitstekend as ’n flank in die Rugbykampioenskap, so hoekom Du Toit dan nie die kans gee om hom minder as ’n jaar voor die Wêreldbeker-toernooi in dié posisie in te grawe nie? Dit is die argument.

Pieter-Steph du Toit soos Bok-ondersteuners hom ken, op volle vaart en gereed om deur ’n betonmuur te hardloop met die Bok-trui oor sy skouers. Foto: Gallo Images

Die kans is goed dat hy Saterdag teen Skotland in sy derde posisie in drie toetse op die jaareindtoer sal speel. weer terug in die nr. 7-trui.

“Dit pla my nie. Ek sien dit eintlik as ’n groot kompliment en ek weet wat van my verwag word. Die span se behoeftes kom altyd eerste,” sê Du Toit met sy onmiskenbare Swartland-bry.

Maar watter posisie sou hy verkies?

“Ek hou daarvan om flank te speel. Dit gee jou geleentheid om die bal te dra en meer betrokke te wees in die losspel, maar soos ek sê, ek speel waar ek gekies word.”

Hoewel Du Toit al 44 toetse agter sy naam het, sal dit Saterdag die eerste keer wees wat hy op Murrayfield teen die Skotte speel.

“Ek was in 2013 hier saam met die span, maar ek het nie gespeel nie. Ek dink Bakkies Botha het nog daardie dag gespeel.

“So ek het darem al die atmosfeer ervaar en dit sal intens wees om in ’n volgepakte stadion te speel.”

Daar word in die Skotse media voorspel die Bokke se groter agttal sal die tuisspan voorlangs boelie, maar Du Toit is van mening dat “grootte nie alles is nie”.

“Ons verwag dat hulle vinnig sal speel ons so probeer moeg maak. Dit sal in daardie opsig belangrik wees dat ons sake dikteer en die pas beheer.”

Du Toit sê Erasmus het vanjaar daarin geslaag om die “trots en passie” vir die Springbokke te herstel.

“Ek geniet my rugby en dit het baie te make met die omgewing wat Rassie by die Bokke geskep het.

“Daar is sekere vereistes wat hy stel en een daarvan is dat die voorspelers fisiek móét wees.

“Dit is lekker om te hoor dat die Bokke weer gevrees word en ek dink ons pak ontwikkel goed. Ons het wel nog ’n hele ent om te gaan.”

Erasmus sal stilweg hoop Du Toit se lyf hou minstens tot ná die Wêreldbeker-toernooi.

“Ek het Sondagoggend toe ek opstaan (ná die Franse toets) besef ek raak ouer.

“Rugby is deesdae so mededingend, jy moet alles op die veld en oefenveld voluit doen en dit sal seker uiteindelik ’n ou se loopbaan verkort.

“Maar wie kan kla as jy vir die Springbokke speel? Die lyf is seerder as jy verloor het.

“Tog moet ek toegee, dis ’n lekker vooruitsig dat ons amper aan die einde van die lang seisoen is.”

Meer oor:  Skotland  |  Bokke  |  Jaareindtoer  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Pieter-Steph Du Toit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.