Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Lemmer loof Leeus-pak vir keerwerk
Philip Lemmer, die Leeus se nuwe voorspeler-afrigter, en sy seun, Kian. Foto: Verskaf

Die wyse waarop die Leeus se maanhaar-agttal hul doellyn in daardie laaste klompie senutergende minute die afgelope Saterdag verdedig het teen die Haaie se lynstaan-dryfspel, was vir hom amper meer van ’n hoogtepunt as die skitterende skrumwerk.

So sê Philip Lemmer, die Leeus se nuwe voorspeler-afrigter, wat met hierdie kragmeting die eerste keer Superrugby eerstehands ervaar het.

“Dit was ’n belewenis om deel van die aksie te wees,” sê hy.

“Die senuwees het maar gelol in daardie laaste klompie minute toe die Haaie so verwoed aangeval het, maar dit was skitterend om te sien watter karakter die voorspelers gewys het om hulle met die dryfbewegings uit die lynstane te stuit.

“Dit was ’n spanpoging soos min,” sê hy oor die wyse waarop die Leeus hul doellyn soos ’n kleinood bewaar het.

“Ons het goeie ritme in die skrums gehad en Balie (Swart) help ook baie met ons skrumwerk,” sê hy.

Lemmer sê hy vind dit nie intimiderend om as jong en groentjie-afrigter op hierdie vlak met die senior en gevestigde name in die Leeus-pak te werk nie.

“Dit is ’n verhouding wat oor tyd opgebou moet word. Net soos ek hulle moet leer ken, moet hulle my ook leer ken. Selfs om net rustyd met die spelers te moes praat, was ’n geval dat jy moes sien hoe reageer hulle op dit wat jy vir hulle sê.

“Die agttal het hulle dit ten doel gestel om die beste in die reeks te wees en hulle is vasbeslote om dit reg te kry en vir mekaar te speel. Die ouens werk saam as ’n eenheid in die skrums en dit was waarop ons sukses teen die Haaie gebou was.

“Tog besef die seniors dat wat verlede week gebeur het nou verby is en dat ’n nuwe uitdaging weer Saterdag voorlê teen die Jaguares. Jy kan nie op jou louere rus wat enige aspek van die spel betref nie. As jy een week skitterend skrum, beteken dit nie die volgende week gaan dieselfde resultate oplewer nie.

Hoewel die Leeus hier ’n lynstaan bemeester teen die Haaie, het sake nie altyd vlot verloop in dié spel-afdeling nie. Foto: Gallo Images
Cyle Brink van die Leeus maak reg om Philip van der Walt te lak in Saterdag se Superrugby-stryd op Ellispark. Die tuisspan se voorhoede het beïndruk met hul keerwerk. Foto: Gallo Images

“Ons moet dus voorbereid wees op die aanslag van die Jaguares se pak, wat formidabel is,” waarsku Lemmer.

Wat die gesukkel in die lynstane betref, glo hy nie dit is ’n krisis nie.

“Dit is iets wat uitsorteer kan word. Ons sal die video-opname intensief bestudeer en kyk wat verkeerd gegaan het en dit dan regstel,” sê hy.

Volgens Lemmer was die onttrekking van die slot Andries Ferreira kort voor die wedstryd met ’n kniebesering wel baie ontwrigtend en het dit hul planne deurmekaar gekrap.

“Dit was beslis ook ’n bydraende faktor dat dinge nie vlot verloop het in die lynstane nie, maar ons sal hard werk om dit reg te stel,” verseker hy.

Meer oor:  Leeus  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.