Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Lesers gee die Springbokke punte

Netwerk24 se lesers beoordeel die Bokke ná hul vertoning in Saterdag se tweede Rugbykampioenskaptoets teen Argentinië in Mendoza. Elke speler kry 'n punt uit 10.

Kyk hoe vergelyk die punt met dié wat Netwerk24 Saterdag in die Bok-Rapport toegeken het.

WILLIE LE ROUX

Lesers sê: 3.2/10

Netwerk24 sê: 3/10 

Dit was loshande sy swakste toets van die jaar. Vermy onverklaarbaar kontak vir 'n groot gedeelte van die toets. Sukkel soos sy spanmaats op die verdediging. 'n Toets wat hy wil vergeet.

MAKAZOLE MAPIMPI

Lesers sê: 3.9/10

Netwerk24 sê: 5/10

Hy verlaat die veld vroeg in die eerste helfte weens 'n besering. Toon durf op die aanval in die minder as 15 minute wat hy op die veld was. Bring in die tydperk sy kant op die verdediging.

LUKHANYO AM

Lesers sê: 2.5/10

Netwerk24 sê: 3/10

Hy kon nie voortbou op sy bevredigende vertoning in Durban nie. Is tans net 'n skakel tussen die binnesenter en die vleuels. Kan nie veilig voel oor sy plek in die Bok-beginspan nie.

ANDRÉ ESTERHUIZEN

Lesers sê: 4.6/10

Netwerk24 sê: 5/10

Kry 'n aantal groot duikslae in. Val sterk aan en wen dikwels baie meters veld wanneer hy ore plattrek. Hy doen genoeg om verdere kanse in die beginspan te verdien.

APHIWE DYANTYI

Lesers sê: 3.7/10

Netwerk24 sê: 4/10

Die Poemas gun hom min ruimte op die aanval. As aanvaller is hy van toetsgehalte, maar moet nog as verdediger oortuig. Wys met tye sy gebrek aan ervaring soos met 'n swak lugskop.

HANDRÉ POLLARD

Lesers sê: 3.5/10

Netwerk24 sê: 4/10

Speel sonder enige selfvertroue nadat hy vroeg in toets 'n maklike strafdoel verbrou. Neem nie beheer oor sake nie. Is 'n veel beter speler as sy middelmatige spel. Vaar beter in tweede helfte.

FAF DE KLERK

Lesers sê: 5/10

Netwerk24 sê: 5/10

Toe sy spanmaats se koppe begin hang het, was hy die een wat probeer vuur stook het. Sy taktiese skoppe was nie so akkuraat soos in Junie se toetse teen die Engelse nie. 'n Bevredigende vertoning.

WARREN WHITELEY

Lesers sê: 4.4/10

Netwerk24 sê: 5/10

al goed terug om die hangskoppe te ontvang. Is goeie skakel tussen voor- en agterspelers. Bring sy kant op die verdediging. Het egter nie 'n groot invloed by die afbreekpunte nie.

SIYA KOLISI

Lesers sê: 4.2/10

Netwerk24 sê: 5/10

Vaar goed as baldraer in sy nuwe rol as 'n seweflank. Verdwyn steeds met tye op die verdediging en wanneer sake warm raak. Werk nie hard genoeg met sy spel by die afbreekpunte nie.

FRANCOIS LOUW

Lesers sê: 2.7/10

Netwerk24 sê: 3/10

Hy het ongelukkig 'n tree of twee te stadig vir toetsrugby geword. Het weinig invloed by die afbreekpunte. Maak minstens twee groot blapse op die verdediging wat die Bokke punte kos.

FRANCO MOSTERT

Lesers sê: 4.7/10

Netwerk24 sê: 5/10

Dit gaan beter met hom in die lynstane. Sy hoë werkverrigting is weer 'n kenmerk van sy spel. Sal egter moet uithaal as hy Pieter-Steph du Toit vir veel langer uit die beginspan wil hou.

EBEN ETZEBETH

Lesers sê: 3.1/10

Netwerk24 sê: 3/10

Hyself sal ontevrede met sy dissipline en veral daardie geelkaart wees. Dit het gelyk of sy batterye pap was ná sy vyfstervertoning in Durban. Word reeds ná 46 minute se spel vervang.

FRANS MALHERBE

Lesers sê: 3.3/10

Netwerk24 sê: 4/10

Werk aanvanklik hard in die vastelos as 'n baldraer en verdediger. Sal soos sy spanmaats egter nie tevrede met die Bokke se skrumwerk wees nie. Sak vroeg uit en lyk moeg.

MALCOLM MARX

Lesers sê: 4.4/10

Netwerk24 sê: 5/10

Beleef 'n stil dag op kantoor volgens sy eie hoë standaarde. Dit lyk of sy swak lynstaaningooie in Durban sy selfvertroue nadelig beïnvloed het. Het verbasend min invloed by die afbreekpunte.

TENDAI MTAWARIRA

Lesers sê: 2.7/10

Netwerk24 sê: 3/10

Kry onverwags swaar in die skrums. Hy was 'n skaduwee van die speler wat as baldraer en verdediger sewe dae vantevore goed in Durban gevaar het. Stel teleur met sy werkverrigting.

PLAASVERVANGERS

BONGI MBONAMBI

Te kort op veld om te beoordeel.

STEVEN KITSHOFF

Lesers sê: 5.8/10

Netwerk24 sê: 6/10

Maak groot verskil as baldraer en met sy skrumwerk.

WILCO LOUW

Lesers sê: 5.3/10

Netwerk24 sê: 5/10

Skrum sterker as Malherbe.

RG SNYMAN

Lesers sê: 5.2/10

Netwerk24 sê: 5/10

Dra bal goed.

PIETER-STEPH DU TOIT

Lesers sê: 6/10

Netwerk24 sê: 6/10

Verskaf bietjie vuur met sy inklimspel.

EMBROSE PAPIER

Te kort op veld om te beoordeel.

LIONEL MAPOE

Lesers sê: 4.6/10

Netwerk24 sê: 5/10

Rond goed af en sit nie voet verkeerd nie. Benodig vaart.

DAMIAN WILLEMSE

Lesers sê: 4.4/10

Netwerk24 sê: 5/10

Dra bal 'n slag of twee goed.

Meer oor:  Argentinië  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Poemas  |  Bok-Rapport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.