Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Lesers gee die Springbokke punte

Netwerk24 se lesers beoordeel die Bokke ná hul vertoning in Saterdag se toets teen Australië op Ellispark in Johannesburg. Elke speler kry 'n punt uit tien.

Kyk hoe vergelyk die punt met dié wat Netwerk24 Saterdag in die Bok-Rapport toegeken het.

Bok-Rapport

WARRICK GELANT

Lesers sê: 5.3/10

’n Heel soliede vertoning op heelagter, terwyl hy veral vroeg doeltreffend in die agterlyn gekom het in allerhande kanale. Gelant is nog plek-plek ten goede of ten kwade effens wild, maar toon groot belofte.

Bok-Rapport

SIBUSISO NKOSI

Lesers sê: 6.7/10

Netwerk24 sê: 8/10

Alhoewel hy deesdae ook buite Durban hoog aangeslaan word, skat Suid-Afrikaanse ondersteuners die vleuel nog nie behoorlik na waarde nie. Dapper, slim, sterk, vernuftig en ywerig; daar is maar min soos hy.Die kêrel het voete van goud. Kom klokslag as baldraer oor die voordeellyn. Jammerte dat hy nie meer kans op die aanval kry nie. Met 'n myl sy span se voorste agterspeler. Een van min Bokke wat onvoorspelbaarheid op die aanval bied.

JESSE KRIEL

Lesers sê: 5.2/10

Netwerk24 sê: 5/10

Die verdedigingspatroon was nie aldag na wens nie danksy veral die Bokke se haastige lynspoed en Kriel is in die proses ’n keer of wat aan die kaak gestel. Paar sterk lopies ingekry, maar aangeewerk kon beter.

André Esterhuizen

ANDRé ESTERHUIZEN

Lesers sê: 4.4/10

Netwerk24 sê: 4/10

Die Natalse kragman het die groot Fidjiaan Samu Kerevi ’n paar maal geduik dat hy hik, maar het ’n paar blapse begaan, waarvan die grootste sekerlik die hoogvat wat was hom vir 10 minute gegeel buite aksie gestel het.

MAKAZOLE MAPIMPI 

Lesers sê: 5.1/10

Netwerk24 sê: 6/10

Feitlik g’n kans gekry met enige ruimte langs die kantlyn nie, so kon nooit sy grootste deugde uitstal nie. Nietemin feitlik altyd die regte ding onder omstandighede gedoen en begin soek ook werk tot goeie gevolg.

Elton Jantjies

ELTON JANTJIES

Lesers sê: 6.3/10

Netwerk24 sê: 7/10

Min foute en ’n paar oomblikke van sublieme rugby soos min ander Suid-Afrikaanse spelers kan lewer. Al vyf drieë vanuit moeilike hoeke gedoel, ’n slag vir Kerevi gelak en g’n ammunisie vir sy dikwels vervelige kritici gegee nie.

Bok-Rapport

HERSCHEL JANTJIES

Lesers sê: 8.7/10

Netwerk24 sê: 9/10

’n Springbokdebuut waaroor ons miskien oor jare nog sal praat. Twee puik drieë en ‘n puik bydrae tot ’n derde, ses duikslae waarvan vyf op yslike Fidjiane, nommerpas hangskoppies en eksieperfeksie wedstrydbestuur. 

Francois Louw

FRANCOIS LOUW

Lesers sê: 7.1/10

Netwerk24 sê: 7/10

Hy’t die horlosie soms laat stilstaan; Herschel Jantjies goed beskerm en ’n paar losballe gegaps. Waar die Bok-lostrio vooraf ongebalanseerd gelyk het, het die Bath-veteraan vroeg die ergste vrese besweer.

PIETER-STEPH DU TOIT

Lesers sê: 7.9/10

Netwerk24 sê: 8/10

Dis feitlik gewaarborg dat dié ou een van die beste spelers op die veld gaan wees as hy sy stewels aantrek. So was dit weer, met ’n besondere hoogtepunt die bedrewe hangskoppie waarmee hy Lood de Jager se drie aangevoer het.

Bok-Rapport

RYNHARDT ELSTADT

Lesers sê: 6/10

Netwerk24 sê: 6/10

‘n Stillerige debuut vir die breker van Toulouse, maar hy is in ’n uiters ongewone posisie vir hom ingespan en het homself nogtans laat geld in ‘n uiters fisieke wedstryd. Verdien beslis nog ’n kykie.

Lood de Jager

LOOD DE JAGER

Lesers sê: 7.3/10

Netwerk24 sê: 8/10

Die man se wedstrydfiksheid is vooraf bevraagteken, maar hy speel darem self selde ’n vrot wedstryd. Hy het Saterdag beter gespeel as wat enigeen kon durf verwag so gou na ’n ernstige besering.

Eben Etzebeth

EBEN ETZEBETH

Lesers sê: 7.6/10

Netwerk24 sê 8/10: 

 Dalk maar goed dat Ysterbeth sy einas kon genees vir die grootste gedeelte van die seisoen tot dusver, want Saterdag was hy op sy vurigste allerbeste. En sy kapteinskap was ook nommerpas, g’n teken van ‘n humeur nie!

Bok-Rapport

TREVOR NYAKANE 

Lesers sê: 6.6/10

Netwerk24 sê: 7/10

Dié eenmalige losbol-loskopstut het homself baie suksesvol as ’n eersteklas vaskop herontwerp, iets wat min spelers regkry. Hy’t gewoel in die los en James Slipper ’n moeilike agtermiddag op die Hoëveld besorg.

BONGI MBONAMBI

Lesers sê: 5.4/10

Netwerk24 sê: 6/10

Ingesit met ’n verbroude lynstaan, maar dit gou vergeet en ’n skof van gehalte ingesit op sy gewone onbesonge manier. Onkant gespeel op ’n tyd wat sy konsentrasie beter moes wees.

TENDAI MTAWARIRA

Lesers sê: 6.7/10

Netwerk24 sê: 7/10

Die veteraan het ’n paar kraglopies ingekry om die skare te laat Beeaast, maar dit was in die skrums waar hy gewys het dat daar min dinge beter as ervaring is deur Sekope Kepu ’n netjiese das aan te trek en twee strafskoppe te verdien.

PLAASVERVANGERS

Bok-Rapport

SCHALK BRITS

Lesers sê: 6.2/10

Netwerk24 sê: 6/10

Presies die soort energie wat ’n mens in die laaste halfuur op ’n toetsveld wil inspuit.

Bok-Rapport

LIZO GQOBOKA 

Lesers sê: 6/10

Netwerk24 sê: 6/10

Sy debuut kon ook beswaarlik beter deurdat hy Taniela Tupou, die Tongan Thor, ’n keer of wat behoorlik in die skrums geboor het.

Bok-Rapport

VINCENT KOCH

Lesers sê: 6.1/10

Netwerk24 sê: 6/10

’n Skrumafskop afgestaan, maar grotendeels vergoed met ’n paar duikslae, ’n paar oortuigde optel-en dryfbewegings en indonsings by losskrums.

Bok-Rapport

MARVIN ORIE 

Lesers sê: /10

Netwerk24 sê: /10

Nie ’n voet verkeerd gesit nie, maar ook nie lank genoeg op die veld om ’n punt uit 10 te gee nie.

Bok-Rapport

MARCELL COETZEE

Lesers sê: 6.6/10

Netwerk24 sê: 7/10

Toe hy eers op dreef was, was die Bok-lostrio veel beter gebalanseerd.

Bok-Rapport

COBUS REINACH

Lesers sê: 7.1/10

Netwerk24 sê:  7/10

’n Fout of twee, maar oudergewoonte ’n titsel unieke inspirasie vir die bonuspuntdrie.

Bok-Rapport

FRANS STEYN

Lesers sê: 7.2/10

Netwerk24 sê: 7/10

Begin goed, maar begaan later 'n flater of twee.

Bok-Rapport

DILLYN LEYDS

Lesers sê: /10

Netwerk24 sê /10: 

Nie speelkans gekry nie.

Rugbykampioenskap: Puntelys

Meer oor:  Ellispark  |  Johannesburg  |  Springbokke  |  Wallabies  |  Bok-Rapport  |  Lesers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.