Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Lesers gee die Springbokke punte

Netwerk24 se lesers beoordeel die Bokke ná hul vertoning in Saterdag se toets teen Argentinië in Salta. Elke speler kry 'n punt uit tien.

Kyk hoe vergelyk die punt met dié wat Netwerk24 Saterdag in die Bok-Rapport toegeken het.

Willie le Roux

WILLIE LE ROUX

Lesers sê: 5.7/10

Netwerk24 sê: 6/10 

Vaar beter as in die Rugbykampioenskaptoets teen die All Blacks. Soek meer werk. Bokke gebruik sy hotklou-skopskoen 'n aantal kere om druk te verlig en vir afwisseling. Kry selfs 'n duikslag of twee in.

Cheslin Kolbe

CHESLIN KOLBE

Lesers sê: 8/10

Netwerk24 sê: 8/10

Die kêrel het voete van goud. Hy laat vyf meter se ruimte soos 'n snelweg met sy vaartversnelling en systappe lyk. Verdedig puik. Vaar selfs skaflik as skrumskakel terwyl Faf de Klerk met 'n geelkaart gestraf was.

Lukhanyo Am

LUKHANYO AM

Lesers sê: 5.4/10

Netwerk24 sê: 6/10

Kry soos teen die All Blacks weinig kans op die aanval. Sal Bok-ondersteuners egter met sy stewige verdediging tevrede stel. Hy is 'n belangrike rat in die Bokke se verdedigingstelsel waarmee die Poemas se aanvallende angel getrek is.

DAMIAN DE ALLENDE

Lesers sê: 6.2/10

Netwerk24 sê: 7/10

Hy mag dikwels onaanskoulik en verbeeldingloos op die aanval wees, maar is uiters doeltreffend as verdediger. Wen belangrike omgekeerde balbesit op die Bokke se kwartgebied terwyl Faf de Klerk in die sondehok was.

MAKAZOLE MAPIMPI 

Lesers sê: 6.1/10

Netwerk24 sê: 7/10

Kry eindelik in die 64ste minuut kans om te wys hy is 'n aanvaller van toetsgehalte. Tot voor dit het hy min kanse teen die All Blacks en Poemas gekry. Wys egter met 'n kraglopie in die 64ste minuut, wat tot sy drie in hoek lei, wat hy werd is.

Handré Pollard

HANDRÉ POLLARD

Lesers sê: 8.4/10

Netwerk24 sê: 8/10

Op vorm tans die planeet se voorste losskakel en 'n ware staatmaker. Sy posisionele en aanvallende spel was van die boonste rakke. Behaal mooi drieë net voor en ná lemoentyd. Gedy in sy rol as 'n senior in die span.

FAF DE KLERK

Lesers sê: 5.5/10

Netwerk24 sê: 6/10

Maak 'n blaps of twee met sy lugskoppe in die eerste helfte, maar dit was as verdediger wat hy die Poemas se skakelpaar yslike probleme besorg het. Danksy sy druk vind die Argentynse agterlyn nooit sy ritme op die aanval nie.

DUANE VERMEULEN

Lesers sê: 7.9/10

Netwerk24 sê: 8/10

Staan stewig soos die rots van Gibraltar met die inskoppe. Dis nie net die wyse waarop hy die inskoppe bemeester nie, maar hoe hy daarna oor die voordeellyn kom wat prysenswaardig is. Is 'n irritasie vir die tuisspan by die losgemale.

PIETER-STEPH DU TOIT

Lesers sê: 7.6/10

Netwerk24 sê: 7/10

Meneer Bestendig. 'n Mens het al so gewoond aan sy goeie spel en hoë standaard geword, dat jy weekliks uitskietvertonings van hom verwag. Was verskeie kere invloedryk in aanvallende bewegings van die Bokke.

Kwagga Smith

KWAGGA SMITH

Lesers sê: 6.3/10

Netwerk24 sê: 6/10

Het nog nie dieselfde invloed in die Boktrui as wat die geval weekliks in die Leeu-trui is nie, maar lyk meer gemaklik op toetsvlak. Soos teen die All Blacks slaag hy daarin om die Poemas se balbesit by die losgemale te vertraag en voer talle duikslae uit.

FRANCO MOSTERT

Lesers sê: 6.8/10

Netwerk24 sê: 6/10

Hy sal daardie eerste vyf minute van die toets liefs wil vergeet. Hy verbrou in die tydperk 'n belangrike duikslag wat tot 'n drie vir die tuisspan lei. Kort daarna begaan hy 'n aanslaan met die Bokke op die aanval. Lewer daarna weer sy gebruiklike uithalerspel.

Eben Etzebeth

EBEN ETZEBETH

Lesers sê: 7/10

Netwerk24 sê 7/10: 

Wen 'n belangrike lynstaaningooi van die Poemas in die 53ste minuut toe die Bokke met slegs 14 spelers moes klaarkom. Dié lynstaanbal van Etzebeth lei tot Pollard se tweede drie. Is soos oudergewoonte 'n meneer in die vastelos.

Bok-Rapport

TREVOR NYAKANE 

Lesers sê: 7.8/10

Netwerk24 sê: 8/10

Ná die kragmetings met die All Blacks en Argentinië is hy sonder twyfel Suid-Afrika se eerstekeuse-vaskopstut. Skrum 'n barshou. Beïndruk met sy hoë werkverrigting as baldraer en verdediger. Verrig goeie werk by losgemale.

BONGI MBONAMBI

Lesers sê: 7.4/10

Netwerk24 sê: 8/10

Slaag die toets wat die belangrikste basiese take van 'n toetshaker betref, lynstaaningooie en skrumwerk, met lof. Speel deurgaans met vuur. Bring sy kant met die Bokke se kragvertoning in die skrums.

TENDAI MTAWARIRA

Lesers sê: 7.7/10

Netwerk24 sê: 8/10

Wys met sy skrumwerk dat sy bene nog net so baie skop het soos toe hy in 2008 sy toetsbuiging gemaak het. Danksy onder meer sy skrumwerk help hy die Bokke om in die eerste helfte telborddruk te bou.

PLAASVERVANGERS

Malcolm Marx

MALCOLM MARX

Lesers sê: 7/10

Netwerk24 sê: 7/10

Woel oudergewoonte in vastelos.

STEVEN KITSHOFF

Lesers sê: 7.7/10

Netwerk24 sê: 8/10

Skrum sterk.

FRANS MALHERBE

Lesers sê: 5.7/10

Netwerk24 sê: 6/10

Moet dringend wedstrydskerp raak.

RG SNYMAN 

Lesers sê: 6.9/10

Netwerk24 sê: 7/10

Lewer goeie bydrae in vastelos.

FRANCOIS LOUW

Lesers sê: 7/10

Netwerk24 sê: 7/10

Vaar goed by die afbreekpunte.

Bok-Rapport

HERSCHEL JANTJIES

Lesers sê: 7.1/10

Netwerk24 sê 7/10: 

Speel weer soos 'n veteraan op toetsvlak.

Bok-Rapport

FRANS STEYN 

Lesers sê: 7.8/10

Netwerk24 sê: 8/10

Hy sal nie veel langer uit die beginspan gehou kan word nie. Was baie invloedryk toe hy opgestuur is.

JESSE KRIEL

Lesers sê: 6.7/10

Netwerk24 sê:  7/10

Dra die bal 'n slag of twee sterk.

Rugbykampioenskap: Puntelys

Meer oor:  Argentinië  |  Salta  |  Bokke  |  Springbokke  |  Poemas  |  Bok-Rapport  |  Lesers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.