Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Lesers gee die Springbokke punte

Netwerk24 se lesers beoordeel die Bokke ná hul vertoning in Saterdag se toets teen Argentinië op Loftus Versfeld in Pretoria. Elke speler kry 'n punt uit tien. Kyk hoe vergelyk die punt met dié wat Netwerk24 Saterdag in die Bok-Rapport toegeken het

Bok-Rapport

WILLIE

Lesers sê: 5/10

Netwerk24 sê: 6/10 

Hy sluit by die lyn aan om te help met Sbu Nkosi se eerste drie, en lewer ’n groot bydrae op die aanval. Sy skop wat afgestorm is, pla. Dit kon maklik ’n drie teen die Bokke gewees het.

Bok-Rapport

SIBUSISO NKOSI

Lesers sê: 8.2/10

Netwerk24 sê: 9/10

Teken albei Suid-Afrika se drieë aan. Die eerste een was mooi, maar die tweede ’n kunswerk soos hy drie Poema-verdedigers op pad doellyn toe klop. ’n Vleuel van wêreldgehalte.

JESSE KRIEL

Lesers sê: 5.8/10

Netwerk24 sê: 6/10

Daar is min van hom op die aanval gesien, maar Nkosi se tweede drie sou nie gebeur het sonder sy visie en lang aangee nie. Hy wys daardeur sy kwaliteit en waarde.

André Esterhuizen

ANDRÉ ESTERHUIZEN

Lesers sê: 5/10

Netwerk24 sê: 5/10

Hy’s baie fisiek in die uitvoering van sy pligte en dit is wat van hom ’n aanwins maak. ’n Mens sal egter meer wil sien as tonnelvisie. Hy lyk effe eendimensioneel in die middelveld.

Bok-Rapport

DILLYN LEYDS

Lesers sê: 4.8/10

Netwerk24 sê: 5/10

Hy’s vroeg in die wedstryd puik onder die hoë bal, maar daarna verdwyn hy in die getjommel van ’n wedstryd waar die Bokke nie tot hul reg kom op die aanval nie.

Elton Jantjies

ELTON JANTJIES

Lesers sê: 5.8/10

Netwerk24 sê: 7/10

’n Puik aangee deur hom is deurslaggewend vir Nkosi se eerste drie en hy toon baie goeie en waardevolle temperament deur die wedstryd met sy skopstewel te beveilig.

Bok-Rapport

COBUS REINACH

Lesers sê: 3.9/10

Netwerk24 sê: 4/10

Dit was dalk die einde van sy aanspraak op ’n plek in die Wêreldbeker-groep. Die aangee wat kort voor rustyd onderskep is, was onvergeeflik. Dit kon Suid-Afrika duur te staan gekom het.

Bok-Rapport

MARCELL COETZEE

Lesers sê: 5.8/10

Netwerk24 sê: 6/10

Hy moes vroeg in die wedstryd reeds vervang word (deur Kwagga Smith), maar nie voordat hy hom by die afbreekpunte laat geld het en omkeerbesit afgedwing het nie.

RYNHARDT ELSTADT

Lesers sê: 5.7/10

Netwerk24 sê: 6/10

’n Goeie lynstaanopsie en hy laat hom ook in die vastelos geld. Kliphard en dien sy doel, al ontbreek hy dalk ’n bietjie aan die X-faktor wat ’n mens graag in ’n toetsflank wil sien.

SIYA KOLISI

Lesers sê: 5.4/10

Netwerk24 sê: 6/10

Sy vertoning is bevestiging dat hy gereed is om die Bokke by die Wêreldbeker-toernooi aan te voer. Hy maak vroeg goeie lopies, maar ontbreek duidelik aan wedstrydfiksheid.

Lood de Jager

LOOD DE JAGER

Lesers sê: 5.1/10

Netwerk24 sê: 5/10

Hy maak ’n paar foute en word gestraf, maar lewer merendeels ’n eerlike skof in die vaste los. Sal soos Bok-ondersteuners wel voel dat hy tot meer in staat is.

RG SNYMAN

Lesers sê: 5.8/10

Netwerk24 sê: 6/10

Nie so prominent soos gewoonlik nie, maar hy woel nogtans in die los. Daardie een aangee van hom in kontak beklemtoon die waarde wat hy as ’n baldraer kan toevoeg.

Bok-Rapport

VINCENT KOCH 

Lesers sê: 6/10

Netwerk24 sê: 6/10

’n Vaskopstut wat tot in die 78ste minuut kan speel verdien ’n Bell’s. Of hy genoeg stempel in die skrums afgedruk het om skielik voor in die vaskoptou te staan, is egter ’n ope vraag.

Schalk Brits

SCHALK BRITS

Lesers sê: 7.2/10

Netwerk24 sê: 8/10

Hy’s byna middeljarig, maar die Bokke se kaptein was een van die mees energieke spelers op die veld. Sy lang ingooie by die lynstane was uitstekend en hy verdedig ook goed.

Thomas du Toit

THOMAS DU TOIT

Lesers sê: 4/10

Netwerk24 sê: 4/10

Hy leef swaar in die skrums aan die loskopkant en dié wedstryd kon dalk sy doppie vir ’n plek in die WB-groep geklink het. Nie ’n goeie opsie as veelsydige stut vir die WB-toernooi nie.

PLAASVERVANGERS

Scarra Ntubeni

SCARRA NTUBENI

Lesers sê: 4.4/10

Netwerk24 sê: 5/10

Verloor besit op sy eerste ingooi as Springbok-haker.

Bok-Rapport

LIZO GQOBOKA 

Lesers sê: 4.8/10

Netwerk24 sê: 5/10

 Hy lig die standaarde in die skrum effens ná hy Thomas du Toit vervang.

Wilco Louw

WILCO LOUW

Lesers sê:  /10

Netwerk24 sê: /10

Te kort op die veld om beoordeel te word.

Bok-Rapport

MARVIN ORIE 

Lesers sê: 4.8/10

Netwerk24 sê: 6/10

 Was veral prominent in die los.

Marco van Staden

MARCO VAN STADEN

Lesers sê: 5.1/10

Netwerk24 sê: 5/10

Doen sy deel in die los.

Kwagga Smith

KWAGGA SMITH

Lesers sê: 5.3/10

Netwerk24 sê:  5/10

Dit was swak oordeel van hom om die skrumskakel sonder die bal te speel.

FAF DE KLERK

Lesers sê: 6/10

Netwerk24 sê: 7/10

Bring broodnodige stabiliteit op skrumskakel.

Bok-Rapport

FRANS STEYN

Lesers sê: 5.3/10

Netwerk24 sê 5/10

 Daar is amper drama nadat ’n skop van hom afgestorm is. Lyk ’n bietjie stadig.

Meer oor:  Loftus Vers­Feld  |  Pretoria  |  Bok-Rapport  |  Lesers  |  Argentinië  |  Bokke  |  Springbokke  |  Poemas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.