Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Lewies speel in 2019 vir Harlequins

Die Suid-Afrikaanse slot Stephan Lewies gaan hom aanstaande seisoen by die Engelse Premierliga-rugbyklub Harlequins aansluit.

Stephan Lewies rank vir die Leeus in die Superrugbyreeks. Foto: Gallo Images

Harlequins het vroeër vandeesweek aangekondig die Leicester-flank Will Evans en Newcastle-slot Glen Young sal ook aanstaande seisoen vir hom speel.

Die 27-jarige Lewies is tans ’n leenspeler van die Haaie wat vir die Leeus in die Superrugbyreeks diens doen.

Hy het in Junie 2004 sy toetsdebuut vir die Springbokke teen Skotland in Port Elizabeth gemaak en ook Suid-Afrika se A-span verteenwoordig.

Harlequins se hoofbreier, Paul Gustard, het die slot se deugde besing.

“Stephan is ’n intelligente en hardwerkende slot wat met sy wye ondervinding groot waarde vir ons bring.”

Die speler was net so opgewonde oor die nuwe vooruitsig. “Dis ’n baie opwindende tyd vir my om by ’n klub met so ’n lang geskiedenis en ’n gerekende status in Engeland aan te sluit.

“Die klub het sy oog op die toekoms en is ongelooflik ambisieus, nes ek. Ek sluit by Harlequins aan om titels te wen en kan nie wag vir aanstaande seisoen nie.”

Quins het kennelik groot planne. Hy het die afgelope tyd nuwe spelers soos Argentinië se Martin Landajo en Santiago Garcia Botta, die Italiaanse senter Michele Campagnaro en die Walliese haker Scott Baldwin gekontrakteer.

Harlequins is tans derde op die Premierliga-puntelys. Die voorste vier spanne sal sake in die uitkloprondes om die titel uitspook.

– Reuters

Meer oor:  Harlequins  |  Leeus  |  Superrugby  |  Stephan Lewies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.