Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Liebenberg het nog rugbysake in Kiwiland

Op die jong ouderdom van 23 is die Bulle-losvoorspeler Hanro Liebenberg al in sy vyfde seisoen van Superrugby.

Hanro Liebenberg speel in van sy laaste wedstryde vir die Bulle. Foto: Getty Images

Met die dag wat hy by Loftus Versfeld tot siens sal sê om die draai, is daar twee goed wat hy nog nie in ’n Bulle-trui ervaar het nie.

Hy weet nie hoe dit voel om in ’n uitspeelstryd te speel of om in Nieu-Seeland as ’n wenner van die veld te stap nie.

Die Bulle gaan toevallig die volgende twee weke in Kiwi-land die eerste keer sedert 2013 sukses moet behaal om verder as dié Superreeks se groepfase te vorder.

Dít is presies wat Liebenberg, wat ná die reeks vir die Leicester Tigers in Engeland gaan speel, in die vooruitsig stel.

“Ek wil bitter graag op ’n hoë noot afsluit en ek het dalk nog net drie wedstryde in ’n Bulle-trui oor. Hopelik sal dit onthou word as my drie beste vertonings en dat ons ook die uitspeelronde kan haal.

“Wie weet wat kan gebeur as ons dit wel kan vermag?”

Liebenberg sê hoewel hulle nie verder as Vrydag se wedstryd teen die Blues in Auckland kyk nie, is drie uit drie seges (teen die Blues, Highlanders en die Leeus) die vereiste.

“Ons moet al drie wen, veral met die Jaguares wat nou so sterk deurkom. Die span se vertonings in Nieu-Seeland sal uiteindelik ons seisoen bepaal en ons besef dit ten volle.”

“Wie weet wat kan gebeur as ons dit wel kan vermag?”

Hy sê die span is baie positief, ondanks hulle treurige poging teen die Brumbies.

“Almal weet ons het in 2013 laas hier gewen en om sake te vererger, is ons ook sonder Duane (Vermeulen) en Handré (Pollard).

“Ons glo ons kan beslis weg van die huis af wen. Dit is dalk beter dat niemand ons ’n kans gee nie.”

Liebenberg sê die Blues het al vanjaar heelwat strafskoppe in die skrums en rolmale afgestaan.

“Ons kan hier oorheers. As dit Vrydag nat is, sal die onus nog meer op ons pak wees.”

Hy beskou die uitdaging om sonder die gesoute Vermeulen oor die weg te kom, as ’n geleentheid om “hand op te steek”.

Burger Odendaal is die nuwe kaptein en Liebenberg die onderkaptein.

“Ons moet leiding neem. Almal weet wat om te doen en ons gaan nie daarvan wegskram nie.”

Dr. Herman Rossouw, die Bulle se spandokter, het intussen uit Auckland laat weet Vermeulen het ’n harde hou teen die nek gekry, maar hy sal “redelik gou” weer kan speel.

Vermeulen sou in elk geval ná Vrydag se wedstryd in Canberra teruggevlieg het Suid-Afrika toe om sy lyf die stampe en stote teen die Blues en die Highlanders te spaar.

Ruan Steenkamp is reeds in die span as ’n plaasvervanger.

Meer oor:  Hanro Liebenberg  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.