Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Liebenberg KZN-unie se nuwe baas

Schalk Liebenberg is eergisteraand as KwaZulu-Natal Rugbyunie (KZNRU) – die amateur-afdeling van die Haaie – se nuwe president in die plek van Francois Louis verkies.

Liebenberg, wat voorheen die adjunkpresident was, word die 25ste president van die unie nadat Louis ’n termyn van twee jaar voltooi het. Liebenberg is aan die Harlequins-klub in Durban verbonde. Lulu Bodla is as die nuwe adjunkpresident verkies.

“Dit was vir my ’n eer om die KZNRU te dien en ek het altyd probeer om rugby in KZN uit te bou,” het Louis in ’n verklaring ná die verkiesing gesê.

“Ek wil die nuwe president alles van die beste toewens in sy taak om die rugbyvisie in die provinsie te lei.”

Gary Teichmann, die Haaie se uitvoerende hoof, het Louis bedank en Liebenberg in sy nuwe rol verwelkom.

“Francois was ’n lojale dienaar van die provinsie en ons wil hom bedank vir sy waardevolle diens. Ek sien ook uit daarna om saam met Schalk te werk,” het Teichmann gesê.

  • Die nuwe uitvoerende komitee is:

President: Schalk Liebenberg; adjunkpresident: Lulu Bodla; senior visepresident: Noël Ingle; junior visepresident: Juno Fourie; addisionele lede: Paddy Doyle, Sandile Ngwenya, Henning Swanepoel, Randall Wagner.

Meer oor:  Nuwe President
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.