Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ligbloues kan Ivan vir oulaas kies

Bulle-ondersteuners wat al gewonder het wat van die Springbok-skrumskakel Ivan van Zyl geword het, sal hom binnekort vir oulaas agter die Ligbloues se oond in aksie sien.

Embrose Papier en Zak Burger is sover in die skrumskakels in die Reënboogbeker-reeks in die Bulle se 23-tal, maar Jake White, dié span se breier, sê Van Zyl sal volgende maand die kans kry om te groet.

Ivan van Zyl sal in die komende weke weer die Bulle se oond skoonmaak nadat hy van ’n knieoperasie herstel het. Foto: Gallo Images

Van Zyl, wat verlede seisoen waarskynlik die voorste nr. 9 in die land was, is van 1 Julie vir Saracens in Engeland beskikbaar.

Hy het ná die Curriebeker-kompetisie vroeër vanjaar ’n knieoperasie ondergaan en daar is besluit om nie oorhaastig te wees met sy terugkeer nie.

“Nee, hy is nog hier en as alles volgens plan verloop, behoort hy in die volgende wedstryd te speel.

“Daar is nog twee, drie wedstryde oor (in die Reënboogbeker-reeks) en dan twee naweke in die Curriebeker-kompetisie voor Julie.”

Afrigters het al in die verlede besluit om spelers uit ’n span se 23-tal te laat wanneer hulle kontrakte elders gesluit het, maar White is van plan om Van Zyl en Marco van Staden, wat sy loopbaan by die Leicester Tigers gaan voortsit, enduit te kies.

Die Bulle gaan aan die einde van Junie ’n oorgang in die kleine hê wanneer Van Zyl en Van Staden afskeid neem en aanwinste soos Jacques du Plessis, Johan Goosen en Harold Vorster by Loftus Versfeld aanmeld.

Die Springbok-flank Marcell Coetzee, wat ná vyf seisoene in Ierland ’n kontrak met die Bulle gesluit het, is al ’n hele paar weke in Pretoria en sal reeds die volgende week of wat oorweeg kan word.

Die Bulle behoort Duane Vermeulen, Trevor Nyakane en Lizo Gqoboka en dalk selfs Ruan Nortjé en Elrigh Louw aan die vergrote Springbok-groep af te staan en dit sal interessant wees om te sien of Coetzee ook deel van Jacques Nienaber se planne is.

Die 27-jarige Du Plessis word weer ’n Bul nadat hy sedert 2015 vir Montpellier in Frankryk gespeel het en sy ervaring en veelsydigheid sal ’n groot bate vir White-hulle wees.

Die Bulle speel volgende Vrydagaand op Loftus teen die Stormers en sal hulle Reënboogbeker-veldtog op 12 Junie in Durban teen die Haaie afsluit.

Meer oor:  Ivan Van Zyl  |  Bulle  |  Reënboogbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.