Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Lojale’ Scarra bly nog lank by WP

In ’n week waar daar druk bespiegel is dat Pieter-Steph dalk ’n oorsese skuif kan maak, was daar darem Donderdag ’n bietjie goeie nuus vir ondersteuners van die Westelike Provinsie en die Stormers.

Die Springbok-haker Scarra Ntubeni gaan nog lank in ’n Stormers-trui in aksie gesien word. Foto: Gallo Images

Dít nadat Western Province Professional Rugby (WPPR), die sakevleuel van die WP Rugbyunie, aangekondig het dat die Springbok-haker Scarra Ntubeni ’n nuwe kontrak van drie jaar met hom gesluit het. Daarby sluit Ntubeni hom aan by Damian Willemse, wat sy kontrak ook verlede week verleng het.

John Dobson, die Stormers se hoofafrigter, is verheug oor Ntubeni se besluit.

“Scarra is die verpersoonliking van ons groep se waardes. Hy is lojaal en passievol oor die span, maar speel ook met flair en ’n glimlag op sy gesig,” sê Dobson.

“Hy gaan as ’n vaardige en ervare speler ’n groot rol speel om die volgende generasie oor die volgende drie jaar te ontwikkel.”

Ntubeni speel sy hele beroepsloopbaan nog vir die WP en Stormers, vir wie hy onderskeidelik 73 en 76 wedstryde op sy kerfstok het.

Ebrahim Rasool, voorsitter van WPPR, sê daar kan vertroue daaruit geput word dat ’n speler van Ntubeni se stoffasie ’n langtermynkontak onderteken het.

“Scarra het nog nooit vir enige ander span in sy loopbaan gespeel nie en sy voortgesette lojaliteit spreek van die spelers se goeie terugvoering op die positiewe omgewing wat ons vir hulle skep,” sê Rasool.

“Ons wil daarop voortbou en Scarra se ervaring sal in daardie opsig van onskatbare waarde wees.”

Netwerk24 het ’n geruime tyd terug al berig dat Ntubeni ’n nuwe kontrak gesluit het. Dieselfde geld glo die Bok-loskopstut Steve Kitshoff, maar dit lyk asof die WP sy goeie nuus drupsgewys bekend maak.

Dobson, vir wie daar ook ’n nuwe kontrak wink, verwag nie om twee van sy ander top-Bokke – die vaskopstut Frans Malherbe en haker Bongi Mbonambi – te verloor nie.

Mbonambi se agent, Gert Andries van der Merwe, het wel verlede week gesê dat daar eers ná die Bokke se reeks teen die Britse en Ierse Leeus ’n besluit oor sy toekoms geneem sal word.

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Wpru  |  Stormers  |  Scarra Ntubeni
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.