Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Lood gaan ook nou ponde verdien

Die Springbok-slot Lood de Jager gaan later vanjaar die Bulle vaarwel roep en vir die Engelse klubspan die Sale Sharks uitdraf.

Lood de Jager gaan Pretoria binnekort vaarwel roep. Foto: Getty Images

Dié klub het Woensdag in ’n verklaring aangekondig dat hy die dienste van die 26-jarige slot van die Bulle vir drie jaar bekom het.

De Jager het vir homself naam gemaak by die Cheetahs in Bloemfontein voordat hy in 2017 na Pretoria verhuis het.

Hy het sy debuut vir die Bokke in 2014 gemaak en reeds in 38 toetse gespeel.

De Jager is vroeg in 2019 as die Bulle se kaptein vir die Superrugby-reeks aangewys, maar is tans langs die kantlyn met ’n skouerbesering en nie verseker van ’n plek in die Springbok-span wat aan die Wêreldbeker-toernooi gaan deelneem nie.

Sou hy wel die Bok-span na Japan haal, sal hy hom eers ná die skouspel by die Sale Sharks aansluit.

“Dit is ’n groot voorreg om my by ’n klub soos die Sale Sharks aan te sluit, aangesien dit ’n klub met ’n ryk tradisie en groot ambisies is.

“Dit is opwindend om deel daarvan te kan wees en ek sien uit daarna om my later vanjaar by die span in Manchester aan te sluit,” sê hy in die verklaring.

Die Sale Sharks het ook onlangs die dienste van twee van die Haaie se Bokke, die losskakel Robert du Preez en haker Akker van der Merwe, bekom.

Faf de Klerk, die Bok-skrumskakel, is reeds ’n geruime tyd op dié klub se boeke.

– Sportredaksie

Meer oor:  Lood De Jager  |  Pond  |  Bulle  |  Faf De Klerk  |  Sale Sharks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.