Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Lood de Jager sê koebaai Loftus

Dit sal sy afskeid op Loftus Versfeld wees. Heel gepas nadat hy nie sy rugbytuiste in ’n Bulle-trui kon groet nie.

Die Bok-slot Lood de Jager behoort Saterdag sy kans kry om te groet op Loftus Versfeld. Foto: Gallo Images

Die vooruitsig om Saterdag in Pretoria teen Argentinië te speel, maak die Springbok-slot Lood de Jager verstaanbaar ekstra opgewonde.

“Ek sien regtig baie uit, veral nadat ek nie die kans gehad het om op Loftus vir die Bulle klaar te maak nie,” het De Jager Dinsdag beaam.

’n Skouerbesering wat die Bulle-kaptein in Februarie teen die Jaguares opgedoen het, het sy Superrugby-deelname vroeg-vroeg beëindig.

Hoewel hy verlede maand vir oulaas vir die Blou Bulle gespeel het – in die Curriebeker-kompetisie teen die Westelike Provinsie – was dit in Kaapstad op Nuweland.

De Jager het vroeër die seisoen besluit om ná die Wêreldbeker-toernooi vir die Sale Sharks in Engeland te gaan speel en keer nie na die Jakarandastad terug nie.

Op sy beste het De Jager nie sy gelyke in die lynstane in Suid-Afrikaanse rugby nie, maar hy besef ’n plek in die Bokke se WB-groep van 31, is allesbehalwe ’n gegewe.

Al was hy ook vier jaar gelede by die vorige toernooi in Engeland die voorste Springbok.

“Die ouens wat gespeel het die laaste ruk het uitstekend gevaar.

“Daar is gesonde kompetisie, maar niemand is afsydig nie. Ons almal help mekaar om te verbeter en ek dink dit het gehelp dat ons die Rugbykampioenskap kon wen.

Dit is vir my belangrik om net weer op die veld te kom om in die proses naby aan my beste te wees wanneer die WB-toernooi begin.
Lood de Jager

“Dit is vir my belangrik om net weer op die veld te kom om in die proses naby aan my beste te wees wanneer die WB-toernooi begin.

“Ek dink nie ek het genoeg vingers om al die beserings wat ek sedert die vorige toernooi gehad het, te tel nie.”

Die voormalige Leeu Franco Mostert het hom, met De Jager wat ook in 2018 lank beseer was, die afgelope paar maande langs die ervare Eben Etzebeth gevestig in die tweede ry.

RG Snyman

De Jager se jong Bulle-spanmaat RG Snyman het boonop vanjaar baie sterk op die voorgrond getree in die Superreeks.

“Dit is ’n goeie posisie om in te wees op slot. Soos ek sê, almal help mekaar en ons het elk ’n rol in die groep.”

Die afgelope Saterdag in Salta was sy rol om water en opdragte aan sy spanmaats te verskaf.

“Ja, ek het verlede jaar in die Curriebekerreeks water aangedra, maar hierdie was meer intens.

“Jy moet die inligting wat jy van bo af kry, so kort en kragtig op die veld aan die spelers kan oordra.

“En baie keer is die boodskap redelik rof,” het De Jager verklap.

Rassie Erasmus, die Springbok-hoofafrigter, maak sy span Woensdag bekend.

Meer oor:  Lood De Jager  |  Rg Snyman  |  Pretoria  |  Loftus  |  Rugby  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Slot  |  Poemas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.