Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Loonperk: SA spanne kry grasie

Suid-Afrika se rugbybase sal teen 2 April ’n finale plan hê om die verwagte uittog van spelers ná die Wêreldbeker te stuit.

Rassie Erasmus / Foto: Gallo Images

Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, het die week vergader met plaaslike rugbybase en verteenwoordigers van Suid-Afrikaanse Rugby se werkgewersorganisasie (Sareo) en die spelersorganisasie MyPlayers.

Die plan sal meer detail gee oor die voorgestelde ranglys van 75 spelers van nasionale belang.

Erasmus het vroeër aangekondig dat spelers ingevolge ’n nuwe kontrakteringstelsel ingelig sal word oor hul posisie op dié rang-lys. Aanduidings is dat ’n klein aantal junior spelers, wat as toekomstige Springbokke beskou word, ook op die ranglys sal voorkom. Die plan is nie om die ranglys openbaar te maak nie.

Meer inligting het intussen ook aan die lig gekom oor die ooreenkoms dat unies se spelerbegrotings nie meer as R40 miljoen mag wees nie. Dié ooreenkoms sal stelselmatig in werking gestel word, het Rapport op goeie gesag verneem. Dit raak unies soos die Bulle en die Westelike Provinsie regstreeks. Hulle het groot spelerbegrotings (sien grafika) en kan dit moeilik oornag tot R40 miljoen verminder.

’n Beperking gaan ook geplaas word op die begroting vir junior spelers. Die impak daarvan sal wees dat unies nie meer dosyne spelers op junior vlak kan kontrakteer terwyl baie van hulle geen speelkans kry nie.

Die Bulle het volgens inligting byvoorbeeld 54 gekontrakteerde o.20-spelers, maar sit nou hande in die hare nadat SA Rugby die o.19-kompetisie verlede jaar afgeskaf het. Die spelers is gekontrakteer voor Saru se besluit.

Eugene Henning, hoof van MyPlayers, het op dié week se vergadering ’n voorlegging gedoen om te wys die gras oorsee is nie altyd groener nie. Ingeligtes sê dit is gedoen om te wys dat spelers oorsee dalk meer verdien, maar dat hul onkoste terselfdertyd styg.

’n Uitvoerende beampte van een van die unies sê daar word na verskeie faktore gekyk om die uittog van spelers te stuit.

Een daarvan is die inwerkingstelling van Regulasie 9, wat bepaal dat oorsese klubs hul Springbokke moet vrystel vir kampe en toetse. Dit kan tot 14 keer volgende jaar gebeur en sal klubs waarskynlik lugtig maak om Suid-Afrikaners te kontrakteer.

Die nuwe voorgestelde Belastingwet, waarvolgens Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk met 45% belas sal word, kan ook ’n invloed uitoefen op spelers se besluit om hul heil in die buiteland te gaan soek.

Meer oor:  Wêreldbeker  |  Rassie Erasmus  |  Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.