Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Losvoorspeler op slot vir Stormers
Die losvoorspeler Ernst van Rhyn gaan sy slag op slot moet wys in die Reënboogbeker-wedstryd teen die Leeus op Ellispark Saterdag. Foto: Gallo Images

Ernst van Rhyn is as David Meihuizen se slotmaat gekies vir Saterdag se Reënboogbeker-rugbywedstryd teen die Leeus op Ellispark in Johannesburg.

John Dobson, die Kapenaars se hoofafrigter, moes die ongewone stap doen om ’n losvoorspeler in die rol van ’n hemelbesem te kies weens beserings aan JD Schickerling en Marvin Orie. Salmaan Moerat is boonop ook op die langtermyn-beseringslys.

Aan die positiewe kant keer die Springbok-skrumskakel Herschel Jantjies in Godlen Masimla se plek terug nadat hy van sy besering herstel het. Daar word met Abner van Reenen op losskakel volhard.

Pieter-Steph du Toit rus vandeesweek en Willie Engelbrecht word gevolglik as nr. 7-flank ingespan.

In ’n vierde verandering vervang Edwill van der Merwe vir Leolin Zas op vleuel.

Stormers:
Damian Willemse, Sergeal Petersen, Dan du Plessis, Rikus Pretorius, Edwill van der Merwe, Abner van Reenen, Herschel Jantjies, Evan Roos, Willie Engelbrecht, Marcel Theunissen, David Meihuizen, Ernst van Rhyn, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff (k). PLAASVERVANGERS: Scarra Ntubeni, Ali Vermaak, Neethling Fouché, Ben-Jason Dixon, Johan du Toit, Juarno Augustus, Paul de Wet, Tim Swiel.


Meer oor:  John Dobson  |  Stormers  |  Leeus  |  Ellispark  |  Reënboogbeker-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.