Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Lourens sak dalk in Bok-skrum
Adriaanse

Lourens Adriaanse se naam is saam met dié van Marcel van der Merwe en Jannie du Plessis op ’n Springbokkortlys om die beseerde Trevor ­Nyakane te vervang.

Nyakane moet Maandag in Johannesburg ’n fiksheidstoets slaag om sy plek in die Bokgroep vir die Suid-Afrikaners se eerste twee Rugbykampioenskap-toetse teen Argentinië te behou.

Sou sy enkelbesering nie genoegsaam herstel het nie, sal een van dié voorrymanne ontbied word.

Hoewel die Leeus se loskopstut, Dylan Smith, die Bokkeurders met sy spel in die Superreeks beïndruk het, verneem Rapport dat daar eerder op ’n vaskop as ’n moontlike plaasvervanger vir Nyakane besluit is.

Die 28-jarige Adriaanse se aanspraak word verstewig deur die feit dat hy die Bokke reeds in 2013 verteenwoordig het én boonop sy rugby in Suid-Afrika speel.

Van der Merwe (Toulon) en Du Plessis (Montpellier) verdien albei hul salarisse in Frankryk en dit is welbekend dat die Bokafrigter, Allister Coetzee, voorkeur aan plaaslike spelers sal gee.

Adriaanse word boonop as een van die sterkste skrumwerkers in die land beskou.

Die Bokke se diepte op vaskopstut is weens Frans Malherbe (nek) en Coenie Oosthuizen (hand) se beserings uitgedun.

Oosthuizen, wat soos Nyakane op los- en vaskop ingespan kan word, sal glo ’n operasie ondergaan, wat kan beteken dat hy die Rugbykampioenskap misloop.

Op sy beurt kan Malherbe vir tot drie maande lank op die krukkelys wees.

Julian Redelinghuys behoort beslis in die Bokke se beginspan vir 20 Augustus se toets teen die Poemas in Nelspruit ingesluit te word.

Hy en Vincent Koch is die erkende vaskoppe in die Bokgroep van 31 spelers, wat Saterdag aangekondig is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.