Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Luan loop dalk sy afskeid op tuisveld mis
Luan de Bruin in aksie teen die Bulle, wat dalk sy laaste wedstryd vir die Cheetahs in Bloemfontein was as hy nie die naweek teen Griekwas kan speel nie. Foto: Gallo Images

Die Cheetahs se vaskopstut Luan de Bruin gaan dalk nie vir oulaas Saterdag in die Toyota-stadion in Bloemfontein vir hulle teen Griekwas opdraf nie.

Hy het ’n skeurtjie in sy linkerboarmspier opgedoen en dit is die arm waarmee hy aan die haker in die skrums bind.

De Bruin (27) het gehoop om die Vrystaters gepas op sy tuisveld van die laaste agt jaar te kan groet voor hy hom by die Leicester Tigers in Engeland gaan aansluit.

Die moontlikheid bestaan dat hy vandeesweek nog tyd gegun sal word om genoegsaam te herstel. Die span word reeds Dinsdag aangekondig.

De Bruin het die besering opgedoen in die Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Stormers Saterdag op Nuweland, wat die tuisspan met 30-13 gewen het.

“Ek kan nie onthou wanneer dit gebeur het nie, ek het net gevoel die arm is seer ná ’n duikslag nader aan die einde,” sê De Bruin.

Ek kan nie onthou wanneer dit gebeur het nie, ek het net gevoel die arm is seer ná ’n duikslag nader aan die einde.
Luan de Bruin

Khutha Mchunu het hom in die wedstryd vervang.

Die vaste fasette behoort vandeesweek bykomende aandag te kry as ’n mens luister na Hawies Fourie, die Vrystaters se afrigter.

Dit bekommer Fourie steeds dat hulle lynstane, in goeie posisies om punte aan te teken, telkens verloor.

“Dis geleenthede waarop ons moet kapitaliseer en ons doen onsself nie enige gunste deur te nie te doen nie.”

Hawies Fourie, hoofafrigter van die Cheetahs.Foto: Gallo Images

Die handvol strafskoppe wat hulle by die skrums afgestaan het, pla hom ook.

“Ons het te veel strafskoppe by die vaste fasette afgestaan, daar was vyf of ses strafskoppe teen ons by die skrums en dan, soos ek gesê het, het ons drie of vier lynstane verloor. Dis tien keer wat jy besit weggee.”

Fourie wil nie die vertrek van ’n paar staatmakers saam met ’n paar eerstekeusespelers wat nog beseer is, as ’n verskoning gebruik nie.

“Daar is ’n bietjie van ’n oorgangsfase, maar dis nie vir my ’n verskoning nie. Ek glo ons is goed genoeg om ons man te staan teen die spanne teen wie ons nou al gespeel het. As ons minder besit afstaan, dan sal ons goed genoeg wees.”

Hoewel die Cheetahs ná ’n tweede agtereenvolgende nederlaag nie meer in die wedloop in die Unlocked-reeks is nie, wil hulle sake nou regstel die naweek omdat die punte na die Curriebeker-reeks oorgedra word.

“Ons is trots op ons prestasies in die Curriebeker-reeks, dis vir ons ’n groot kompetisie, so ons sal beslis nou wil regmaak vir die afgelope twee weke.

Ons is trots op ons prestasies in die Curriebeker-reeks, dis vir ons ’n groot kompetisie.
Hawies Fourie

“Dit gaan vir ons bitter belangrik wees teen Griekwas om terug te kom met ’n bang.

“Dis wat ons van mekaar verwag en dis wat ons ná die tyd vir mekaar gesê het in die kleedkamer (op Nuweland),” sê Fourie.

Meer oor:  Luan De Bruin  |  Hawies Fourie  |  Bloemfontein  |  Stut  |  Besering  |  Cheetahs  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.