Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Luan lugtig vir Laevelders se aanslag
Luan de Bruin skep so ’n bietjie asem in Saterdag se Groen-teen-Goud-wedstryd op Nuweland. Foto: Gallo Images

Die Vrystaat-Cheetahs is oor die eerste hekkie in die aanloop tot die naweek se openingsronde van die Superrugby Unlocked-reeks – hulle het almal negatief getoets vir Covid-19.

“Almal negatief,” het ’n verligte Hawies Fourie, afrigter van die verdedigende Curriebeker-kampioenspan, kort en kragtig by navraag geantwoord.

Dit het hom en sy afrigtingspan se werk aansienlik vergemaklik met die samestelling van die beginspan vir Saterdag se wedstryd teen die Pumas in Bloemfontein.

Die Vrystaatse o.21-span is verlede week erg uitgedun toe nie minder nie as ses spelers én die afrigter, Izak van der Westhuizen, positief getoets is voor Sondag se wedstryd teen die Goue Leeus. Die Vrystaters het ’n dramatiese wedstryd uiteindelik met 31-30 gewen. Donderdag kom die Vrystaatse o.21’s teen die Bulle te staan.

’n Cheetah-speler wat nie kan wag om Saterdag sy staal te toon nie, is die stut Luan de Bruin. Hy het die afgelope naweek vir die Groenspan teen die Goudspan in die Springbok-proefwedstryd op Nuweland in Kaapstad gespeel en borrel nog oor van die trots.

“Ek het baie selfvertroue uit Saterdag se wedstryd gekry en hopelik kan ek dit oordra na die wedstryd teen die Pumas. Ons wag nog om te hoor hoe ons span gaan lyk, maar Corniel (van Zyl, voorspeler-afrigter) sal ’n goeie pak saamstel,” sê De Bruin.

Hy sê ofskoon dit nie ’n amptelike Springbok-wedstryd was nie, is hy nou ’n tree nader aan sy droom om vir die Bokke te speel.

Dis ook lekker om erkenning te kry vir al die harde werk en om raakgesien te word. Ek het baie by die senior spelers geleer.
Luan de Bruin

“Dis ook lekker om erkenning te kry vir al die harde werk en om raakgesien te word. Ek het baie by die senior spelers geleer en ek wil dit gebruik as ek Saterdag speelkans kry.”

Hy sê die feit dat hulle die Unlocked-reeks by die huis begin, maak ’n groot verskil aan hul veldtog.

“Dis is ’n tuiswedstryd en ons moet die meeste daarvan maak, veral omdat dit die eerste wedstryd in die kompetisie is. Enige tuiswedstryd hou mos maar altyd sy voordele in en ons sal dit moet gebruik teen wat ek weet ’n moeilike Pumas-span behoort te wees.”

De Bruin-hulle sal Saterdag teen ’n klompie van hul voormalige spanmaats te staan kom.

Daniel Maartens

“Ek weet Daniel Maartens (flank) sal in die span wees. Hy is goed op die grond, vinnig en sterk by die afbreekpunte.

“Dan is daar nog Dian (Badenhorst, skrumskakel), wat ek seker is gaan speel. Dian was nog altyd ’n goeie speler en hy kan ’n verskil maak,” sê De Bruin.

Nog ’n oud-Vrystater, die senter Ali Mgijima, is ook nog daar. Hy het die Vrystaat XV-tal aangevoer in die SuperSport-reeks verlede seisoen, maar ’n besering het sy reeks kortgeknip voordat hy werklik sy stempel kon afdruk. Hy is nietemin ’n opwindende speler en beskik oor hope vaart.

Saterdag se wedstryd in die Toyota-stadion begin om 16:30. Die Cheetahs se span word Donderdag bekend gemaak.

Meer oor:  Luan De Bruin  |  Kimberley  |  Bloemfontein  |  Curriebeker  |  Rugby  |  Stut  |  Poubloues  |  Cheetahs  |  Superrugby Unlocked
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.