Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Luan oorgehaal vir tweestryd met Ox

Die twee stutte van die Groen-span wat verlede maand op Nuweland gespeel het, is Vrydag regstreekse teenstanders wanneer die Vrystaat-Cheetahs die Haaie in Durban pak.

Luan de Bruin, die Vrystaters se vaskopstut, is weer oorgehaal nadat hy op die nippertjie van die Unlocked-wedstryd teen die Leeus weens ’n dyspierbesering moes onttrek.

Hy is reg om teen die Haai-bielie Ox Nche te skrum wat saam met hom in die voorry gesak in die Groen-en-Goud-wedstryd waarin hul span met 25-9 gewen het.

De Bruin (27) het onthul hy is in die week voor die Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Leeus beseer. “Hulle het my kans gegee tot net voor die wedstryd om te herstel, maar daar is met die kapteinsoefening die Vrydag besluit om eerder nie ’n kans te waag nie.

“Dit help nie ’n ou vererger dit nie en dan is jy dalk vir die hele seisoen uit,’’ sê De Bruin.

Erich de Jager sou in sy plek gespeel het met die nuweling Khutha Mchunu op die plaasvervangerbank, Die wedstryd op Elllispark is egter weens Covid-19-ontwrigting by die tuisspan afgelas.

Die feit dat die Cheetahs die afgelope naweek ook ’n loslootjie geniet het, was goed vir De Bruin se herstelproses.

Hy en Nche (25) is goed met mekaar vertroud, want Nche was sy hele loopbaan lank ’n Cheetah voordat hy hom vir vanjaar se Superrugby-reeks by die Haaie aangesluit het.

Hulle het oor die jare in oefeninge met mekaar te doen gekry en dit beloof interessant te wees, sê De Bruin oor hul tweestryd.

“Hy is goed met dit wat hy doen. Ek ken van sy streke, maar hy ken myne ook.”

Die Vrystaters sal die slot Walt Steenkamp, agtsteman Jasper Wiese en senter Benhard Janse van Rensburg in hul beginspan moet vervang nadat hul kontrakte einde Oktober verstryk het.

Ander spelers wie se kontrakte Saterdag ten einde geloop het is, De Jager, Carel-Jan Coetzee (senter/vleuel), Tapiwa Mafura (heelagter/vleuel) en Rewan Kruger (skrumskakel).

Die stutte Mchunu en Hencus van Wyk is onlangs bekom, terwyl Griekwas se slotte Ian Groenewald en Victor Sekekete hulle verlede week reeds by die span aangesluit het. Die Pumas-losvoorspeler Jeandré Rudolph sal Maandag by die Cheetahs inval.

Die Springbok-losvoorspeler Oupa Mohoje kan die week die groep haal wat na Durban vertrek.

Die Groen-en-Goud-wedstryd op 3 Oktober in die Kaap sou sy amptelike terugkeer tot die spel sedert September 2018 gewees het, maar hy is toe positief vir die koronavirus getoets.

Die ander spelers wat weens beserings nie vir die wedstryd teen die Leeus oorweeg is nie, is die haker Wilmar Arnoldi (wangbeen), slot Reniel Hugo (knie), stut Aranos Coetzee (enkel), heelagter Rhyno Smith (bobeen), vleuel Duncan Saal (dyspier), senter Dries Swanepoel (kuit) en skrumskakel Ruan Pienaar (knie).

Meer oor:  Luan De Bruin  |  Superrugby Unlocked  |  Cheetahs  |  Vrystaat-Cheetahs  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.