SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Rugby
Luiperds groet eersdaags Olënpark

Ná 98 jaar het die Luiperds-rugbyunie (LRU) besluit om van Olënpark in Potchefstroom afskeid te neem en voortaan van hul tuiswedstryde elders in die streek te speel.

Olënpark sal voortaan nie meer die Luiperds se tuisveld wees nie. Foto: Deaan Vivier

Daar word tans onderhandel om die Luiperds se hoofkwartier na die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fanie du Toit-sportgronde in Potchefstroom te verskuif.

Andries de Kock, uitvoerende hoof van die LRU, het in ’n mediaverklaring gesê die besluit is hoofsaaklik weens veiligheidsredes geneem.

“Ons kan nie ’n veiligheidsertifikaat kry nie en dit is ’n wetlike vereiste,” sê De Kock.

Volgens De Kock moet daar noodsaaklike onderhoud aan die paviljoene gedoen word en daar is nie geld daarvoor nie.

Die Luiperds pak die Griffons Saterdag in Schweizer-Reneke in die SuperSport-uitdaagreeks. Daarna is daar twee wegwedstryde teen Griekwas en die Vrystaat-Cheetahs, gevolg deur ’n wedstryd teen die Haaie XV-tal in Rustenburg op 13 Mei. Die Luiperds se daaropvolgende tuiswedstryde word op die Fanie du Toit-sportgronde beslis.

Die kantore sal voorlopig op Olënpark bly.

Meer oor:  Luiperds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.