Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Lynstane pootjie Cheetahs
Gideon van der Merwe het een van Griekwas se drieë in ’n oefenwedstryd teen die Cheetahs gedruk.Foto: Gallo Images

Die Cheetahs se gesukkel in die lynstane het hulle Vrydag nogmaals duur te staan gekom in hul oefenwedstryd teen Griekwas in Kimberley.

Die Poubloues het hul kanse beter benut om met 23-19 te wen nadat hulle met die rustyd met 13-7 voorgeloop het.

Die Cheetahs sou vandeesweek baie aandag aan hul lynstane gegee het, maar veral die ingooiwerk was Vrydag ’n gemors.

Die besoekers het in die tweede helfte die meeste van die speelwerk gedoen en moes meer uitgerig het met die 11 strafskoppe wat hulle in die helfte gehad het.

Hulle het met twee lynstane in die laaste drie minute kanse gehad om die wedstryd te wen, maar dit nie benut nie. Kort voor dit is daar twee keer voor die pale geskrum met strafskoppe eerder as om uit te skop.

Die Cheetahs het hulle eerste strafskop halfpad deur die eerste helfte ook opgemors.

Griekwas het kort daarna gewys hoe dit gedoen word toe die flank Gideon van der Merwe oorgeval het ná ’n dryfmaal.

Griekwas het kort daarna gewys hoe dit gedoen word toe die flank Gideon van der Merwe oorgeval het ná ’n dryfmaal.

Die Cheetahs is met hul derde dryfmaal van ’n lynstaan af oor die doellyn, maar kon die bal nie op die grond kry nie. Griekwas was net voor rustyd ook ongelukkig toe die bal ook opgehou is met ’n speler oor die doellyn.

Wilmar Arnoldi

Die Cheetahs het vroeg in die tweede helfte weer twee gulde geleenthede ná aanvallende lynstane verspeel. Met die een was dit weens die swak hantering in die agterlyn, een van die ander afdelings waarin daar kleigetrap is.

Die plaasvervanger-haker, Wilmar Arnoldi, kon einde laaste gaan afrond ná ’n lynstaan – die Cheetahs se derde probeerslag in die tweede helfte.

Die drie is uitgekanselleer toe Raegan Oranje, plaasvervanger-skrumskakel van Griekwas, gaan afrond het ná die vleuel Eduan Keyter se goeie lopie langs die kantlyn af. Keyter het lus gelyk vir hardloop die enkele kere dat hy die bal gehad het, terwyl Griekwas se kaptein, Ruan Steenkamp, ook gewys het hy gaan ’n bielie vir hulle in die komende Curriebeker-reeks wees.

Griekwas het probleme van hul eie in die lynstane gehad, maar dit was nie soveel keer met die doellyn in sig nie.

Puntemakers: Griekwas 23 (13). Drieë: Daniel Kasende, Gideon van der Merwe, Reagan Oranje. Doelskop: George Whitehead.

Strafdoele: Tinus de Beer, Whitehead.

Cheetahs 19 (7) Drieë: Derik Pretorius, Wilmar Arnoldi, Hencus van Wyk. Doelskoppe: Ruan Pienaar (2).

Meer oor:  Wilmar Arnoldi  |  Gideon Van Der Merwe  |  Bloemfontein  |  Kimberley  |  Poubloues  |  Cheetahs  |  Oefenstryd  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.