Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Maartens ’n ligpunt vir Cheetahs

Daar sal sommer nog baie water in die see moet loop voordat die Cheetahs as een van die Pro14-reeks se pronk-spanne beskou kan word.

Moet nie ’n fout begaan nie, die Cheetahs is nie ’n swak span nie, maar hulle is tot veel beter in staat.

Ja, hulle het gister se wedstryd teen Benetton Treviso se ‘B-span’ met 31-25 gewen, maar hulle kan darem veel beter vertoon as wat hulle gespeel het.

Gerhard Olivier loop Marco Lazzaroni uit die aarde uit.

Daar kan indvidueel nie fout met die spelers gevind word nie, maar as span moet hulle vinnig leer om mekaar te onderskraag, en nie net van die veld af nie, maar op die veld in wedstryd- situasies.

Hulle het goed gedoen om van ’n agterstand van 7-15 met rustyd terug te veg om met 31-25 te wen, maar hulle het, soos in vorige wedstryde, sake vir hulself bemoeilik deur onnodige foute te begaan.

“Die spelers wil niemand teleurstel nie en dit was duidelik in die wedstryd. Alles was daar vir ons om te wen en geluk aan die spelers. Dit was belangrik dat ons wen, en met ‘n bonuspunt,” het Franco Smith, die Cheetahs se breier, gesê.

Hy sê daar sal gewerk moet word aan die uitvoering van die wedstydplan in die laaste kwart van die wedstryd.

“Die oorwinning was baie belangrik en dit gaan nie daaroor watter span Treviso op die veld gesit het nie. Ons kom beter oor die voordeellyn en dit was belangrik, veral in die tweede helfte.”

Die ligpunt in die Cheetahs se vertoning was die agtsteman Daniel Maartens, wat ’n skitter-wedstryd gespeel het. Hy het twee van die tuisspan se vier drieë gedruk en het in die algemeen uitgestaan in ’n anders saai stryd.

Hy het aanvanklik stil begin maar in die laaste 20 minute het hy gewys wat in hom steek. Behalwe sy twee drieë het hy gedoen wat van hom verwag is, deur balle op die grond te steel.

“Daniel het ’n goeie bydrae gelewer en het die bal doeltreffend stadig gemaak, en hy het dit goed gedoen. Dis lekker om weer ’n baljagter te sien, maar daar lê nog werk voor.”

Die besoekers se afrigter, Kieran Crowley, sê hulle het teen die einde van die wedstryd te veel foue begaan, maar dat dit nie noodwendig die uitslag van die wedstryd sou verander nie.

“Die Cheetahs het baie goeie baldraers en hulle het oor die voordeellyn gekom,” het hy gesê.

  • Punte:

Cheetahs 31 (7): Drieë: Nico Lee, Shaun Venter, Daniel Maartens (2). Doelskoppe: Tian Schoeman (3), Louis Fouche, Strafdoel: Fouche.

Treviso 25 (15): Drieë: Marco Zanon, Dewaldt Duvenage, Ian McKinley. Doelskoppe: McKinley (2). Strafdoele: McKinley (2).

Meer oor:  Benetton Treviso  |  Cheetahs  |  Pro14-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.