Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mac nou skaapboer én help Shimlas brei
Mac Masina in sy speeldae. Foto: GALLO IMAGES
Mac Masina, eertydse Leeus-senter, boer deesdae met skape by Soutpan en is die Shimlas se hulpafrigter in die Varsitybeker-reeks. Foto: TWITTER

Bloemfontein. – Die voormalige Leeu-senter Mac Masina is nou amptelik ’n Vrystater.

Hy het die betonoerwoud van Johannesburg vir die plaaslewe van die Vrystaatse platteland verruil.

Buiten dat hy deesdae ’n heeltydse skaapboer by Soutpan is, is hy ook die hulpafrigter van Shimlas vir die Varsitybeker-reeks.

Wanneer daar na sy praat geluister word, kan daar gehoor word hy is reeds tuis in die Rosestad.

Masina (41) het ná sy speeldae in 2002 by afrigting betrokke geraak en ’n indrukwekkende CV oor ’n klomp jare opgebou.

Hy was tussendeur ook ’n kommentator gewees.

Masina kom na Bloemfontein met minstens 12 jaar se ervaring as afrigter. Hy het onder meer by Wits (2002), Tukkies (2004), die Soweto Rugbyklub (2005–2006) en die Universiteit van Johannesburg (2007–2014) afgerig. “Ek het ’n tyd gelede reeds hiernatoe gekom om na moontlikhede te kom kyk. My verbinding met die stad en sy mense gaan egter ver terug, veral met Jaco Swanepoel, hoof van Rugbyafrigting by Kovsiesport. Ek ken hom nou so by die agt jaar en dit maak dit altyd makliker as jy mense ken met wie jy werk as jy in ’n “nuwe” plek aankom.”

Masina onthou nog goed hoe hy jare gelede na wedstryde met Swanepoel oor rugby gesels het, en vandag is albei afrigters. Hy het ook bewondering vir Hendro Scholtz, hoofafrigter van die Shimlas. “Ek het hom dopgehou toe hy vir die Springbokke gespeel het en gesien dat hy ’n toegewyde speler was. Hy is nou ’n ewe toegewyde afrigter. Sy werketiek skrik vir niks en dieselfde het hy vir die Vrystaat gedoen. Ek glo hy gaan nog een van die beste afrigters word.”

Masina is reeds twee weke besig by die Shimlas wat voorberei vir vanjaar se Varsitybeker-reeks wat op 8 Februarie (teen Ikeys) begin. “Ek het op ’n vorige geleentheid twee maande in Bloemfontein deur gebring en ek verstaan hoe die mense hier se koppe werk. Hulle stel vir hulself hoë standaarde en het nie dalk altyd die hulpbronne nie, maar het die wilskrag,” het Masina gesê.

  • Intussen het die Shimlas vandag kontak-oefeninge met sy vergrote groep spelers teen die Universiteit van KwaZulu-Natal in Bethlehem.

Tien spelers wat in die Varsitybeker-eindstryd teen die Pukke met 63-33 geseëvier het, is vandag weer in aksie. Die Impi’s word deur Michael Horak, ’n voormalige hoofbreier van die Shimlas afgerig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.