Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Madibaz kan glo vir breier-skok sorg

Daar is sprake dat die Madibaz dit oorweeg om die afrigters te pos, wat dié rugbyspan gehelp het om promosie uit die Varsityskild-reeks na die Varsitybeker-reeks te verwerf.

Jarryd Buys het die afgelope twee seisoene onder moeilike omstandighede goeie werk by die Madibaz verrig.

Die Nelson Mandela-Universiteit se sportbase het nog nie só ’n skokkende besluit bevestig nie, maar gerugte doen nou al ’n geruime tyd die rondte dat hulle na nuwe afrigters soek.

Met Jarryd Buys as hoofafrigter en Trichardt van Tonder en Zuko Ndlela as hulpafrigters het die Madibaz in twee jaar net twee Varsityskild-wedstryde verloor.

Dié drie afrigters was eers by die Madibaz se Young Guns betrokke en het die noodoproep geantwoord toe die senior span na die Skild-reeks gerelegeer en David Maidza as hoofafrigter afgedank is.

Van die Oos-Kaap se beste jong rugbyspelers het die afgelope twee jaar verkies om eerder elders te gaan studeer aangesien die Madibaz in die Skild-reeks moes speel.

Nou dat die Madibaz weer opgeskuif het na die Beker-reeks, lyk die prentjie sommer weer baie beter.

Maar Buys-hulle se kontrakte het verstryk en volgens hardnekkige gerugte is daar aan hulle gesê dat hulle dienste nie weer benodig word nie.

Buys wou nie hierdie week oor die kwessie praat nie en het gesê hy hoop om teen Vrydag finaliteit oor sy toekoms van die Madibaz te kry.

Riaan Osman, die Madibaz se visedirekteur van sport, het by navraag gesê die Madibaz is steeds met sy beplanning vir die komende seisoen besig.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Madibaz  |  Varsityskild  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.