Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Madibaz moet hul verdediging opknap
Hierdie keer het die Madibaz darem die aanvaller neergetrek, hoewel dit met ’n hoogvat was. ’n Toneel uit die Madibaz se onlangse wedstryd teen die Ixias. Foto: Catherine Kotze/Varsity

Die rugbyspan van die Madibaz sal hul verdediging dramaties moet opknap indien hy enigsins ’n noemenswaardige impak in vanjaar se Varsitybeker-reeks wil maak.

Hulle het in drie wedstryde reeds ’n allemintige 20 drieë en 145 punte afgestaan en self net 81 aangeteken.

Ná twee jaar in die Skild-afdeling het niemand regtig wonderwerke van die Madibaz verwag nie.

In hul drie wedstryde sover is hulle weliswaar net regtig deur die Ixias lelik verniel.

Teen die Universiteit van die Wes-Kaap het hulle net met sewe punte verloor en teen die NWU-Arende was hulle tot 15 minute voor die einde sterk in die prentjie.

Tiaan Schutte is een van die Madibaz se spelers wat dalk die OP kan versterk. Foto: Christiaan Kotze/Varsity

Maar die statistieke praat eindelik die hardste. En die statistieke wys duidelik dat die Madibaz se verdediging aan die Oostelike Provinsie se gesukkel in die onlangse voorbereidingsreeks herinner.

Gepraat van die OP – daar het sover nie baie spelers van die Madibaz hande opgesteek om vir die unie gekies te word nie.

Tiaan Schutte, wat losskakel en binnesenter kan speel, lyk wel na ’n bruikbare speler.

Behalwe dat Schutte die bal besonder ver kan sool, is hy ook ’n sterk hardloper.

Luyolo Dapula, slot en kaptein, en Aya Oliphant, die buitesenter, kan ook sekerlik met vrug deur die OP ingespan word.

Die losvoorspelers Arnouw Nel en Mihlali Mosi en die loskopstut Hugo Pienaar lyk na belowende spelers.

In die tweede ronde van die Varsitybeker-reeks kan die Madibaz hul plek op die punteleer dalk verbeter.

Hulle speel volgende teen die Universiteit van Johannesburg en Wits, wat albei onder hulle op die puntelys is.

Dan volg ’n kragmeting met die Shimlas, wat net bo die Madibaz op die puntelys is.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Madibaz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.