Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Amanaki Mafi kry oplaas WB-jawoord
Amanaki Mafi vroeër hierdie seisoen in aksie vir die Sunwolves. Foto: Getty Images

Amanaki Mafi sal eers volgende jaar in die hof op aanklag van aanranding verskyn en sal dus vir Japan in die komende Wêreldbeker kan speel.

Dié 29-jarige losvoorspeler is verlede jaar in Junie in Dunedin aangekla ná ’n bakleiery met sy voormalige Melbourne Rebels-spanmaat Lopeti Timani.

Hier het Lopeti Timani nog lekker saam met die Rebels geoefen. Hy speel deesdae vir La Rochelle in Frankryk.Foto: Getty Images

Die voorval het plaasgevind ná die twee spelers ná die Rebels se wedstryd teen die Highlanders aan die drink gegaan het.

Mafi, wat die nag in aanhouding deurgebring het, het onskuldig gepleit.

Regter Michael Crosbie het Woensdag gesê Mafi moet op 27 Januarie 2020 in Dunedin se streekshof verskyn.

“Dit is nie dan rugbyseisoen nie en die Wêreldbekeroernooi is verby,” het Crosbie volgens die Otago Daily Times gesê.

Die hofsaak sal ná verwagting drie tot vier dae duur.

Volgens die koerant is daar al ’n paar keer probeer om ’n geskikte datum vir die hofsaak te vind.

Die feit dat Mafi in Japan en Timani in Frankryk woon, maak dit moeilik.

Die WB-toernooi was ook ’n kwessie wat in ag geneem moes word.

Albei spelers is deur die Rebels met A$15,000 beboet omdat hulle die span se protokol verbreek het.

Albei spelers is deur die Rebels met A$15,000 beboet omdat hulle die span se protokol verbreek het.

Albei is teen die einde van die 2018-seisoen by die Rebels weg.

Mafi is intussen in Japan se vergrote oefengroep vir die WB-toernooi opgeroep.

Dié toernooi begin oor vyf weke. – Reuters

Meer oor:  Lopeti Timani  |  Amanaki Mafi  |  Japan  |  Wereldbekertoernooi  |  Losvoorspeler  |  Cherry Blossoms  |  Rugby  |  Tugverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.