Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Magstryd: Bill plaas sy kaarte op tafel

Wêreldrugby het ’n tweestryd op hande met Bill Beaumont, voorsitter van dié sport se beheerliggaam, wat sy manifes voorgelê het enkele dae nadat sy teenstander, Agustín Pichot, hom voorgespring het.

Bill Beaumont, voorsitter van Wêreldrugby. Foto: Getty Images

Beaumont, ’n voormalige kaptein van Engeland, beloof hierin ’n omvattende hersiening van Wêreldrugby sodat dit kan ontluik “in ’n stem vir alle rugby rugbylande”.

Wêreldrugby se ondervoorsitter, Pichot, ’n oud-skrumskakel van Argentinië, het in sy manifes gesê hy streef na ’n “moderne, meer inklusiewe globale spel wat die ontwikkelende nasies ’n groter sê sal gee”.

Die uitslag van dié internasionale beheerliggaam (voorheen die Internasionale Rugbyraad) se verkiesing sal volgende maand aangekondig word.

Die Franse rugbybaas, Bernard Laporte, is Beaumont se vennoot in die hoop dat hy vir ’n verdere termyn van vier jaar verkies kan word.

Beaumont het in Julie 2016 die leisels by nog ’n Fransman, Bernard Lapasset, oorgeneem.

In ’n manifes met die titel, A Game For All, voer Beaumont en Laporte aan dat hulle die “beste span” is om rugby deur die koronavirus-pandemie – “ongetwyfeld die grootste uitdaging wat rugby gehad het die afgelope paar jaar” – te lei.

Hul prioriteite sal, volgens die manifes, wees om in detail te kyk na die totstandkoming van ’n globale seisoen, finansiële beleid, spelerswelstand, die ontwikkeling van vrouerugby en ’n “deurtastende ondersoek” van hoe Wêreldrugby tans bestuur word.

“Om ons doelwit van ’n sterk internasionale federasie te behaal stel ons ’n uiteenlopende bestekopname voor.

“Alle vername aandeelhouers sal geraadpleeg word, so ook kenners van buite die spel sodat vars, nuwe perspektiewe na vore kan kom.”

Agustín Pichot daag Bill Beaumont om Wêreldrugby se top-pos uit. Foto: Reuters

Beaumont-hulle sê hulle stel ’n meer verteenwoordigende en diverse internasionale federasie, wat die spel beter kan dien, voorop.

Pichot is op sy beurt in die wedloop om die eerste verteenwoordiger van ’n “kleintjie” in Wêreldrugby te word wat in dié pos aangestel word.

Hy het in ’n onderhoud gesê ’n “eenvormige rugbykalender” is sy mikpunt, want dit is die enigste pad vorentoe vir ’n sport, wat by ’n krisispunt was nog voordat die koronavirus-pandemie toegeslaan het.

Pichot het verlede jaar ’n Nasiesliga-kompetisie voorgestel, wat sou bestaan uit die Sesnasies- en Rugbykampioenskap-lande en sommige ontwikkelende spanne.

Die plan het die wind van voor gekry en hy sê dit frustreer hom dat daar nie op topvlak besef word daar is ’n desperate behoefte om die spel te ontwikkel nie.

“Daar is in Januarie saam met talle rugbylande besluit om die status quo uit te daag.

“Ons het besef dat die spel onder toenemende druk kan wees vanjaar en twee maande later het die koronavirus die wêreld getref.

“Nóú is die tyd om die verandering te begin,” het Pichot in ’n Skype-onderhoud gesê.

Wêreldrugby het Woensdag in ’n verklaring bevestig dat Beaumont en Pichot benoem is vir die voorsitterskap, terwyl Laporte die enigste kandidaat is wat as ondervoorsitter benoem is.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het sy president, Mark Alexander, benoem vir die uitvoerende komitee, en die Nieu-Seelandse Rugbyunie ondersteun die benoeming.

– Reuters

Meer oor:  Bill Beaumont  |  Koronavirus  |  Toetsrugby  |  Wêreldrugby  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.