Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Malherbe is dalk Stormers se nuwe kaptein

Kaapstad. – Die Springbok-vaskopstut Frans Malherbe is onverwags ’n sterk kandidaat om die ­Stormers in vanjaar se Superrugby-reeks aan te voer.

Met dié dat die Stormers ’n nuwe era betree onder Robbie Fleck se afrigting, kan daar straks óók toekomsgerigte besluit ten opsigte van die leierskern geneem word.

Malherbe (24) en die senter
Juan de Jongh, wat verlede seisoen Duane Vermeulen se adjudant by die Stormers sowel as die Westelike Provinsie se Curriebeker-kaptein was, is albei sterk kandidate.

Nóg ’n moontlikheid is om die veteraan Bok-flank Schalk Burger as kaptein aan te wys. Hy het die Stormers dikwels vantevore al aangevoer, maar verteenwoordig die Kapenaars vanjaar vir ’n laaste keer voordat hy by Saracens in Engeland aansluit.

Fleck preek juis ’n evangelie van vernuwing. Die Stormers het vanjaar hul voorseisoense oefenkamp in Wildernis, en nie soos gewoonlik in Hermanus nie, gehou.

Hy het ook verlede week gesê dat die Stormers vanjaar meer risiko’s as in die onlangse verlede onder Allister Coetzee se afrigting sal neem.

Die 32-jarige Burger het intussen sy verpligtinge by Suntory Sungoliath in Japan afgehandel en is terug in die Kaap, maar nie in die Stormers se groep vir môre se vriendskaplike wedstryd teen die SWD-Arende in George nie.

De Jongh is soos Burger nie in die groep nie, want hy is tans in Nieu-Seeland saam met die Blitsbokke. Die Stormers se vleuelaanwins Cornal Hendricks is tans ook by die nasionale sewesspan betrokke.

’n Amptelike aankondiging oor die kapteinskap gaan eers gemaak word wanneer die hele groep saam is. Dít sal waarskynlik eers ná ­Wêreldrugby se sewestoernooi in Sydney op 6 en 7 Februarie wees.

Gister wou Fleck nie sy beginspan vir môre se wedstryd bekend maak of verklap wie die span op die veld gaan lei nie.

Intussen is die haker Scarra Ntubeni en die skrumskakel Nic Groom vanweë skete nie vir môre se wedstryd beskikbaar nie.

Meer oor:  Robbie Fleck  |  Frans Malherbe  |  Superrugby-Reeks  |  Stormers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.