Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mallett gaan Kings help om breier te kies

Die voormalige Springbok-afrigter Nick Mallett sal die Southern Kings se uitvoerende raad help om hul nuwe breier te kies.

Die voormalige Springbok-afrigter Nick Mallett. Foto: Gallo Images

Mallett sal deur Tim Southey, wat voorheen die Proteas se bestuurder en Krieket Suid-Afrika se hoëprestasiebestuurder was, bygestaan word.

Robbi Kempson, die Kings se hoëprestasiebestuurder, het dié nuus Dinsdag bevestig sonder om verder daaroor uit te brei.

Mallett en Kempson werk gereeld by die uitsaaier SuperSport saam, waar hulle rugbywedstryde ontleed.

Die uitgesproke Mallett is een van die meer suksesvolle Bok-breiers tot nog toe.

Met hom aan die stuur, het die Bokke van 1997 tot 2000 27 van hul 38 toetse gewen.

Dit sluit ’n reeks van 17 agtereenvolgende oorwinnings tussen Augustus 1997 en Desember 1998 in.

Mallett ken Europese toestande ook baie goed, aangesien hy self in Frankryk en Italië gespeel en afgerig het.

Die Kings het die afgelope twee seisoene goed agtergekom dat hulle heelwat aanpassings moet doen wanneer hulle in Pro14-wedstryde in Brittanje, Ierland en Italië speel.

Die sluitingsdatum vir aansoekers om die Kings se nuwe afrigter te word is Maandag.

’n Kortlys sal daarna opgestel word en die top-kandidate sal vir onderhoude genooi word.

Meer oor:  Pro14  |  Kings  |  Nick Mallett
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.